Welkom by die Taalsentrum
By die Universiteit Stellenbosch Taalsentrum glo ons dat die verbetering van kommunikasie nie net oor die uitbreiding van woordeskat of die perfekte gebruik van leestekens gaan nie. Dit behels baie meer. Die feit dat ons 'n taalsentrum is, maak ons ook soveel meer as net 'n taalskool. Ons is 'n dinamiese sentrum vir studente, personeel en kliënte wat op soek is na taal- en kommunikasiehulp. Ons stap die pad saam met jou op jou taalreis.
Die Taalsentrum is die tuiste van kundiges in taalleer en -onderrig, akademiese geletterdheid en professionele kommunikasie, vertaling, teksredigering, tolking en korporatiewe kommunikasie. Ons doen ook taalverwante navorsing en ons het selfs 'n span wat in eenvoudige taal spesialiseer.
Geleenthede
Woon ons geleenthede by vir die geleentheid om ons gemeenskap te ontdek, te groei, te leer en daarmee betrokke te raak.