Grammatikakursus
Kontakbesonderhede
Waarop fokus hierdie kursus?
As jy 'n professionele persoon is wat beter verstaan wil word, 'n tweedetaalspreker is wat 'n manier soek om te weet wanneer om that of which te gebruik, 'n skrywer is wat dalk tussen twee tye verskeurd voel, 'n redigeerder dieper wil delf in die taal, of 'n Engelssprekende is wat vrae het oor die taal wat hulle gebruik, dan is hierdie kursus net vir jou.
- Jy sal jou begrip van die struktuur van Engels verbreed om sowel jou geskrewe as gesproke kommunikasie te verbeter.
- Jy sal die geleentheid kry om selfvertroue oor jou taalgebruik te ontwikkel.
- Saam sal ons sinne dekonstrueer om al die maniere te verken waarop woordsoorte en tye ons kan help om sinvol met ander om te gaan.
’n Sertifikaat van bevoegdheid sal ná die suksesvolle voltooiing van die kursus uitgereik word.
Wie kan die kursus bywoon en watter loopbaanvoordele hou dit in?
As jou werk van jou vereis om duidelik en doeltreffend te kommunikeer, en/of as taal nie die hooffokus van jou studies was nie, dan is hierdie kursus vir jou. Die kortkursus is gemik op mense wat dalk nie Engels as eerste taal praat nie, maar wat in 'n oorwegend Engelse werksomgewing funksioneer.
Ons beperk die aantal deelnemers om optimale leer te verseker. Die regstreekse aanlyn sessies word deur ʼn aanlyn komponent aangevul, en sekere aspekte van die kursus word geassesseer.
Wat is die voorvereistes?
Jy sal ʼn rekenaar en betroubare internetblaaier benodig wat ons aanlyn platforms (MS Teams en SUNOnline) kan hanteer en jy sal ʼn betroubare internetverbinding nodig hê om vir die regstreekse aanlyn sessies aan te meld. Jy sal ook elektroniese dokumente moet kan skep.
Waar en wanneer vind hierdie kursus plaas?
Ons kursusse kombineer regstreekse aanlyn sessies, wat deur die aanbieder gefasiliteer word, met aanlyn leer wat jy op eie stoom doen. Hierdie kursus open voordat die eerste regstreekse aanlyn sessie plaasvind en sluit lank ná die laaste regstreekse aanlyn sessie. Dit gee jou genoeg tyd om jou SUNOnline-teenwoordigheid te aktiveer voordat die eerste regstreekse aanlyn sessie plaasvind.
| Regstreekse aanlyn sessies (10:00 tot 12:00) | Duur van die kursus (openings- en sluitingsdatums) | Skryf in voor | |
| Aanbieding 2: | 19, 26 Augustus, 2, 9, en 16 September | 12 Augustus tot 30 September | 29 Julie |
Tydens die kursus sal jy jou tyd as volg bestee:
- een regstreekse aanlyn sessie per week van twee uur elk
- ongeveer ses uur per week vir leeswerk, of om take, aktiwiteite en opdragte op eie stoom te voltooi
Wie is die aanbieder?
Dani Favis is 'n fasiliteerder, opleier van fasiliteerders en leermateriaalontwerper. Sy is die gelukkigste wanneer sy taalkursusse fasiliteer, want dit kombineer haar gunstelingdinge: die fynere kunsies van kommunikasie en om mense te ondersteun om nuwe vaardighede te ontwikkel. Sy is bekend daarvoor dat sy komplekse konsepte maklik maak om te begryp, en dat sy 'n genotvolle en bemoedigende leeromgewing skep.
Wat kos die kursus?
Die kortkursusfooi is R5 800 per deelnemer. Alle kursusfooie moet asseblief vóór die begin van die kursus betaal wees. Die fooi sluit kursusmateriaal, assesserings, regstreekse aanlyn sessies met jou aanbieder en toegang tot die aanlyn platforms in. Ons sal hierdie kursus net aanbied wanneer ’n minimum aantal kandidate wat klaar betaal het, bywoning bevestig.
Stel jy belang?
Klik hier en voltooi die vorm indien jy belangstel om hierdie kursus by te woon. Ons sal jou kontak met die skakel om in te skryf.
Enige verdere vrae?
Skakel met Michelle Pieters vir meer besonderhede by [email protected] of 021 808 2812. Doen gerus navraag oor beskikbare kortkursusse, datums en jou spesifieke kortkursus- en ontwikkelingsbehoeftes vir pasgemaakte kursusse.