Skip to main content

Voertuigfinansiering & brandstofkaarte oorgang na Standard Bank

13 Julie 2026

Geagte Kollegas,

Die Universiteit het Standard Bank aangewys as die nuwe verskaffer vir die motorvoertuigfinansieringskema en brandstofkaarte. Die rentekoers vir voertuigfinansiering is verbeter na 0.7% onder prima (effektief vanaf 1 Julie 2026). Let asseblief daarop dat voertuigaankope nou vereis dat die verkoper/handelaar as 'n krediteur op die Universiteit se stelsel geregistreer moet wees voordat enige betaling verwerk kan word.

Die nuwe Standard Bank brandstofkaarte is beskikbaar vir afhaal by: Vervoerdienste, Kamer 103, Banghoekstraat 48, Stellenbosch.

Ruil asseblief u bestaande WesBank/FNB brandstofkaarte om teen 31 Julie 2026. Alle ou kaarte sal na 31 Augustus 2026 gekanselleer word.

Vir enige navrae, kontak asseblief [email protected].

Baie dankie vir u samewerking tydens hierdie oorgang.