Gids vir voornemend nagraadse studente
Uitgesoekte dienste word aan voornemende nagraadse studente gebied om voorlopige navorsing en die skryf van navorsingsvoorstelle te fasiliteer.
Toegang
Alle biblioteke van die Biblioteek- en Inligtingsdiens is toeganklik vir voornemende nagraadse studente. Toegang is gratis en onderworpe aan positiewe identifikasie deur middel van 'n identiteitsdokument (foto-identifikasie is noodsaaklik). Geen eet- of drinkgoed word toegelaat nie. Slegs water in morsvrye houers.
Geen toegang sonder 'n geldige studentekaart. Sien Biblioteekure.
Uitleenvoorregte
'n Aanbevelingsvorm moet deur die studieleier van die voornemende nagraadse student voltooi en geteken word en by die biblioteek ingehandig word.
- Aantal lenings: 15 items
- Uitleenperiode: 30 dae per item
- Hernuwings: 2 per item (binne maksimum hernuwingsperiode van 90 dae) behalwe as iemand anders dit bespreek het.
Hernu aanlyn of vra 'n personeellid.
In persoon, doen navraag by Kliëntediens in die US Biblioteek of die uitleentoonbank van enige van die takbiblioteke. - Terugbesorgings: By Kliëntediens in die US Biblioteek of die uitleentoonbank van enige van die takbiblioteke. Boeke kan terugbesorg word deur dit in die boekposbusse by die biblioteekingange te plaas.
- Boetes en betaling: Slegs SnapScan en EFT betalings word aanvaar.
Items vervaldatum verstryk: R1.00 per item per dag
Boetegrens: R30.00 (Uitleenvoorregte sal opgeskort word wanneer hierdie limiet oorskry is tot op datum wat die boete vereffen is).
Verlore/beskadigde boeke: Vervangingswaarde betaalbaar aan die Biblioteek- en Inligtingsdiens - Bespreek boeke wat uitgeleen is: Gratis en sonder beperking. Bespreek aanlyn of vra 'n personeellid.
In persoon, doen navraag by Kliëntediens in die US Biblioteek of die uitleentoonbank van enige van die takbiblioteke. - Uitleenbare materiaal: Alle items gemerk "Loanable"
Dienste
Inligtingsdiens en navorsingsondersteuning
Die volgende biblioteekgidse kan geraadpleeg word:
- Find, access and use information effectively: a step by step guide
- The research process
- Referencing
- EndNote
- Vakgidse gee toegang tot vakspesifieke bronne en navorsingswenke van toepassing op die vakgebied.
Maak 'n afspraak met jou fakulteitsbibliotekaris.
'n Aanlyn inligtingsdiens is beskikbaar by "Vra 'n bibliotekaris" (Ask a Librarian).
Reserwe
- Items wat dikwels gebruik word
- Slegs beskikbaar vir US-studente en -personeel
- Aantal items: 3
- Uitleenperiode tydens biblioteekure vir gebruik binne die biblioteek: 3 ure
- Uitleenperiode wanneer die biblioteek gesluit is: oornag (uit 30 min voor sluitingstyd; terug 30 min na oopmaaktyd)
- Boetes vir laat items: R10.00 per uur na 'n grasieperiode van 30 min
Vind boeke, artikels en ander inligtingsbronne
Gebruik die soekfunksie op die biblioteektuisblad of kies Databasisse of E-tydskrifte vanaf die VIND-spyskaart.
Aanwysings is beskikbaar by Find, access and use information effectively: a step by step guide. Sien Find information.
Vind jou pad deur die biblioteek:
- Universiteit Stellenbosch Biblioteek : Vloerplan
Biblioteekoriëntering en -opleiding
Raadpleeg die volgende opleidingskalenders:
- Biblioteekopleidingskalender
- Generiese opleiding - SmartResearcher werkswinkels
- Opleidingstutoriale en -videos
'n Ander opsie is om vir 'n persoonlike opleidingsessie via Ask a Librarian te vra.
Ander dienste
'n Aanlyn inligtingsdiens is beskikbaar by "Vra 'n bibliotekaris" (Ask a Librarian) of maak 'n afspraak met jou fakulteitsbibliotekaris.
As gevolg van lisensie-ooreenkomste is toegang tot die elektroniese bronne beperk tot studente en personeel wat tans by die Universiteit Stellenbosch geregistreer is. Sien Afkampus- e-toegang.
Internet en koordlose toegang is beskikbaar aan personeel en studente wat by die Universiteit Stellenbosch vir netwerktoegang geregistreer is. Sien Koordlose toegang.
'n Verskeidenheid lokale is vir bespreking beskikbaar. Sien Besprekings.
Al die elektroniese bronne waarop die Biblioteek- en Inligtingsdiens inteken is via die biblioteektuisblad ook vanaf huis-, kantoor- en skootrekenaars of selfone toeganklik. Gebruik jou US-netwerkgebruikersnaam en -wagwoord om in te teken. Sien Afkampus- e-toegang.
Biblioteekmateriaal kan teen betaling na studente wat nie op kampus is nie, gestuur word. Sien Afkampusdokumentlewering.