Skip to main content

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Biblioteek

mhslib-studente-ooparea

Die Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Biblioteek is een van vier takbiblioteke van die Biblioteek- en Inligtingdiens en is geleë op die Tygerbergkampus in Parow, in die Onderwysblok van die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe. Die biblioteekure word volgens die vereistes van die akademiese jaar aangepas.

Ons bedien

  • Die navorsers, dosente, personeel en ingeskrewe studente van die verskillende departemente en sentrums van die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe
  • Personeellede van die Provinsiale Administrasie van die Wes-Kaap (PAWK), Tygerberg- en Stikland-hospitale
  • Radioloë, dieetkundiges, arbeidsterapeute, fisioterapeute, algemene praktisyns en verpleegkundiges
  • Personeel van die Wes-Kaapse Kollege van Verpleging; personeel van die Louis Leipoldt- en Karl Bremer-hospitale
  • Aangewese professionele gesondheidspersoneel wat studente van die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe ondersteun wat in gemeenskappe werk wat deel uitmaak van die Ukwanda kliniese uitreik.

Die volgende kliënte kwalifiseer ook vir uitleenvoorregte:

Ukwanda Landelike Kliniese Skool
Aangewese professionele gesondheidspersoneel wat studente van die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe ondersteun wat in gemeenskappe werk wat deel uitmaak van die Ukwanda kliniese uitreik. Kontak ons om reëlings vir biblioteeklidmaatskap en na-uurse toegang te tref.

Hierdie lidmaatskap maak slegs voorsiening vir dienste aan instapgebruikers, insluitend die leen van 3 boeke vir 2 weke.

 

Elektiewe studente
Besoek die uitleentoonbank om vir uitleenvoorregte te registreer en van biblioteekdienste en -fasiliteite gebruik te maak.

Kaarte en roetes

    
Fisiese adres
3de Vloer, Onderwysgebou
Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe
Tygerbergkampus
Francie van Zijlrylaan
Parow, Suid-Afrika

Kontak ons

Algemene navrae / Hernuwings
+27 21 938 9368




Posadres
Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Biblioteek
Posbus 19091
7505, Tygerberg
Kaapstad
Suid-Afrika