Skip to main content

Departementele biblioteke

Departementele versamelings vorm deel van die Biblioteek- en Inligtingsdiens se groep biblioteke. Hierdie biblioteke word egter nie deur die Biblioteek- en Inligtingsdiens geadministreer nie. Dit is wel gekoppel aan die Biblioteek op grond van die materiaalversamelings.

Al die bestaande departementele versamelings word gehuisves in akademiese departemente op die Stellenbosch-, Bellville- of Saldanha-kampusse, en bestaan uit boeke, tydskrifte en ander inligtingsbronne. Dit is belangrik om daarop te let dat die versamelings wat in hierdie biblioteke gehuisves word nie die hoofversamelings is van die betrokke vakgebiede nie. Slegs geselekteerde items uit die vakversamelings word hier gehuisves. Die hoofversamelings van  bronne beskikbaar in hierdie vakgebiede word in die Universiteit Stellenbosch Biblioteek gehuisves, waar fakulteitsbibliotekarisse die onderskeie vakgebiede bedien.

Kontak asseblief die onderskeie biblioteke vir inligting oor die dienste, prosedures en diensure.

 

Kontak ons

Opvoedkunde
Laurinda Kleinhans
+27 21 808 2323
GG Cilliers-gebou, Fakulteit Opvoedkunde, grondvloer
Wiskunde
Alhoewel die leeskamer by die Departement Wiskunde nie beskou word as 'n departementele biblioteek nie, word dit ook hier genoem, aangesien die hoofversameling van wiskunde-tydskriftitels in die leeskamer gehuisves word.
+27 21 808 3282
Militêre Akademie
+27 22 702 3065
Krygskunde, Saldanha
Fisika
Cashwall Pool
+27 21 808 3391
Merensky-gebou, Departement Fisika, grondvloer
Plantpatologie
Gretchen Bickerstaff
+27 21 808 4799
Lombardi-gebou, Departement Plantpatologie, vierde vloer, kamer 4025
Maatskaplike Werk
Getrude Koopman
+27 21 808 2069
Lettere-gebou, Departement Maatskaplike Werk, 4de vloer