Skip to main content
Maties driving academy car mock-up
Innovasie en entrepreneurskap

Jou reis begin hier: die US stel die Maties Motorbestuurskool Akademie bekend

Jeraldene Menon
17 April 2026
  • Die Akademie vorm deel van ’n breër, studente-gesentreerde benadering om gegradueerdes voor te berei vir die lewe ná universiteit.

Om te leer motor bestuur, word soms vinnig op die “ek-sal-nog-daarby-uitkom” lysie gesit, veral wanneer studente dit moet inpas tussen eksamens, take en alles anders wat die universiteitslewe van hulle vereis. Maar wat daarvan as jy die geleenteid kry om hierdie reis sommer op Stellenbosch Universiteit (US) se kampus kan begin?

Die US het op 1 April 2026 amptelik die Maties Motorbestuurskool Akademie (MMBA) bekendgestel, ’n nuwe inisiatief van die Universiteit se Vervoerdienste-department. Dit afdeling maak deel uit van die US Kommersieel (SUNKom), wat studente die geleentheid wil gee om ‘n motor met selfvertroue te bestuur.

Die Akademie vorm deel van ’n breër, studente-gesentreerde benadering om gegradueerdes voor te berei vir die lewe ná universiteit. In die wêreld buite die universiteit is mobiliteit ’n vereiste wat toegang tot geleenthede, internskappe en indiensneming beïnvloed.

“Hierdie inisiatief is gesentreer rondom mobiliteit en toegang,” sê Neeren Juganath, Direkteur van die US se Vervoerdienste-department. “Ons skep ’n gestruktureerde en ondersteunende omgewing waar studente selfvertroue agter die stuurwiel kan opbou, terwyl hulle ’n vaardigheid aanleer wat hulle lank ná hul universiteitsjare sal bevoordeel.”

Die Akademie bied aanvanklik bekostigbare gestruktureerde bestuurslesse aanbied deur gekwalifiseerde instrukteurs. ’n Toegewyde voertuig is toegerus met verbeterde en volledig-voldoenende veiligheidskenmerke, soos ’n dubbelbeheer-stelsel met bykomende rem- en koppelaarpedale om ’n veilige en ondersteunende leeromgewing te verseker.

Daar sal ook opknappingslesse wees vir studente wat reeds ’n lisensie het, maar hul vaardighede wil verbeter en meer selfvertroue op die pad wil ontwikkel.

Met die oog op die toekoms beplan die Akademie om sy aanbod uit te brei om ook voorbereiding vir leerlinglisensies in te sluit, en sodoende ’n meer omvattende, end-tot-end bestuursondersteuningstelsel vir studente te skep.

Hein Swanepoel, Senior Direkteur van SUNKom, sê die inisiatief  is ’n meer strategiese Motorbestuurskool Akademie is ’n uitstekende voorbeeld van hoe ons by SUNKom waarde op ’n volhoubare wyse vir ons belanghebbendes toevoeg. Die Akademie bied waarde op ’n manier wat die studente-ervaring, die Universiteit en verskeie ander belanghebbendes versterk.”

Die Akademie sal, waar toepaslik, saamwerk met relevante universiteitsinisiatiewe, insluitend die MatiesHaveDrive-program, wat deel vorm van die Maties Alumni Bridge the Gap (BTG)-fonds. Saam dra hierdie pogings by tot ’n breër ondersteunings-ekosisteem wat daarop gemik is om studente se toegang tot geleenthede en indiensneembaarheid te verbeter.

Die Akademie sal toeganklik wees vir studente van alle fakulteite op beide die Stellenbosch- en Tygerbergkampusse, met die doel om toegang tot mobiliteit as ’n hulpmiddel vir akademiese en professionele sukses te verbreed.

Is jy reg om agter die stuurwiel in te klim? Bespreek jou lesse of vind meer uit deur die Maties Motorbestuurskool Akademie te kontak by www.transport.suncom.co.za of stuur ‘n e-pos na [email protected].

Vir pryse, gereelde opdaterings en aanbiedinge, volg @MatiesDrivingAcademy op Instagram.

 

Oor Maties Driving Academy

Die Maties Motorbestuurskool Akademie (MDA) is ’n inisiatief van die Universiteit Stellenbosch en word bedryf deur die Vervoerdienste-department binne US Kommersieel (SUNKom).

Merkers

Vervoer

Verwante stories