Die Biblioteek nooi hiermee graag nagraadse studente, opkomende navorsers en akademiese personeel om die #SmartResearcher werkswinkels by te woon wat plaasvind gedurende Maart 2026.
Wil jy graag jou Engelse grammatika verbeter en jou kennis van die taal uitbou? Sluit aan by hierdie kursus en verfyn jou kommuniksievaardighede verder.
Die Rektor en Visekanselier van die Universiteit Stellenbosch, Professor Deresh Ramjugernath, nooi u hartlik uit na die Frederik Van Zyl Slabbert Instituut se 15de bestaansviering van uitnemende studenteleierskap, asook die jaarlikse Frederik Van Zyl Slabbert-erelesing wat deur die Sentrum vir Studentelewe en leer aangebied word.
Sluit by ons aan vir die 20ste Jaarlikse Menseregtelesing, "'n Reg om Aan te Bly: Ruimtelike Geregtigheid en 'n Transformatiewe Benadering tot Behuisingsregte", aangebied deur Regter Rammaka Steven Mathopo.