Skip to main content

#SmartResearcher werkswinkels 7 April - 7 Mei 2026

Datum: 07 April 2026 16:06 - 07 Mei 2026 16:06
Voeg by jou kalender: Google | Apple | Outlook
Gebeurtenistipe:
Vergaderplek:
Online via MS Teams

Kontakbesonderhede

Marié Roux
+21 27 808 2870

Die Biblioteek nooi hiermee graag nagraadse studente, opkomende navorsers en akademiese personeel om die #SmartResearcher werkswinkels by te woon wat plaasvind gedurende April en Mei 2026. cDie sessies wissel in lengte na gelang van die onderwerp, maar hulle dek ‘n wye reeds onderwerpe wat verband hou met die nagraadse navorsingsreis.

Sertifikate kan uitgereik word indien drie of meer webinare bygewoon word. Stuur asseblief ‘n epos aan Letlao Seloma om sertifikate aan te vra. Dit word aan die einde van elke semester uitgereik. 

Personeel wat registreer via SUN-e-HR, sal ‘n skakel na die webinaar ontvang op die dag van die sessie. Indien enige probleme ondervind word met die registrasie via SUN-e-HR, kontak asseblief vir Mandy Oliver, [email protected].
 

Inleiding tot Endnote vir  verwysingsbestuur (In persoon)

Die bestuur van jou verwysings kan 'n uitdagende taak wees. Hierdie werkswinkel sal jou bekendstel aan EndNote, 'n hulpmiddel wat hoofsaaklik op verwysingsbestuur fokus. EndNote bied verskeie dienste, insluitend verwysingsbestuur, organisering en annotasie van PDF-dokumente en akademiese samewerking.

Datum: 7 April 2026
Tyd: 14:00 – 16:00
Plek: SU Library E-Classroom

Studente registreer hier

Navorsers en personeel registreer hier

Oorsig van sagteware vir effektiewe data analise en visualisering 

'n Oorsig van gratis sagteware vir data-analise en datavisualisering sal aangebied word. Hierdie programme is nuttig vir statistiese ontleding, visualisering, kartering en die verwerking van data.

Datum: 8 April 2026

Tyd: 14:00 – 16:00

Registreer hier

Hoe om 'n literatuuroorsig te doen

In hierdie webinaar sal deelnemers leer watter verskillende tipes literatuuroorsigte daar is. Hulle sal beste praktyke vir die uitvoer hiervan leer deur met hul onderwerp te werk, die literatuuroorsig te struktureer en leer hoe om literatuur krities te ontleed.

Datum: 9 April 2026

Tyd: 11:00 – 12:00

Registreer hier

Bestuur jou unieke navorsersidentiteit met ORCID

ORCID is 'n ooptoegang, nie-winsgewende, gemeenskapsgedrewe instelling wat ‘n register van unieke navorsersidentiteite skep en instandhou. Dit dien ook as 'n metode om navorsingsaktiwiteite en -uitsette aan hierdie identiteite te koppel. Hierdie werkswinkel sal verduidelik wat ORCID is, hoe om jou profiel te skep en op datum te hou en te koppel met integrasies by Universiteit Stellenbosch.

Datum: 14 April 2026

Tyd: 11:00 – 12:00

Studente registreer hier

Navorsers en personeel registreer hier

Wenke oor hoe om jou tesis te formateer (MS Word)

Hierdie werkswinkel sal jou help met sommige van die algemene formateringsfoute wat die meeste nagraadse studente ervaar, terwyl hulle hul dokument gereed maak vir indiening.

Datum: 14 April 2026

Tyd: 14:00 – 16:00

Registreer hier

Verbeter die sigbaarheid van jou navorsingsuitsette deur middel van selfargivering 

Die Universiteit Stellenbosch se institusionele beleid oor die selfargivering van navorsingsuitsette word saamgestel deur die Biblioteek- en Inligtingsdiens. Die nakoming van hierdie beleid, wat navorsers vra om kopieë van hul navorsingsuitsette in SUNScholar, ons institusionele bewaarplek te deponeer, kan die sigbaarheid en impak van navorsingsuitsette aansienlik verhoog. Hierdie werkswinkel sal deelnemers meer leer oor die beleid en hoe om aan die beleid te voldoen om toegang tot en sigbaarheid van hul navorsingsuitsette te verbeter.

Datum: 15 April 2026

Tyd: 14:00 – 15:30

Studente registreer hier

Navorsers en personeel registreer hier

Inleiding tot Microsoft Power BI

In hierdie werkswinkel word ‘n inleiding tot die gebruik van Microsoft Power BI vir data visualisaring gegee.

Datum: 16 April 2026

Tyd: 11:00 – 13:00

Studente registreer hier

Navorsers en personeel registreer hier

EndNote: Gevorderde funksies

EndNote bied verskeie dienste aan gebruikers, insluitend verwysingsbestuur, organisering en annotasie van PDF dokumente asook samewerking. In hierdie sessie word die gevorderde funksies van Endnote aangebied. 

Datum: 21 April 2026

Tyd: 14:00 – 16:00

Students register here

Navorsers en personeel registreer hier

Inleiding tot Tableau Public en Flourish vir data visualisering

Hierdie werkswinkel bied ‘n inleiding oor hoe om jou data deur middel van Tableau Public en Flourish te visualiseer. Albei is gratis produkte en redelik gebruikersvriendelik.

Datum: 29 April 2026

Tyd: 11:00 – 13:00

Registreer hier

‘n Oorsig van SUNScholarData – die US Institusionele Navorsingsdatabewaarplek

Meeste befondsers maak die deponering van data verpligtend, wanneer dit deel is van die navorsingsproses wat deur hul befonds word. Hierdie werkswinkel sal 'n oorsig gee van navorsingsdatabewaarplekke en ‘n demonstrasie gee van die US se Institusionele Navorsings-databewaarplek, SUNScholarData.

Datum: 30 April 2026

Tyd: 11:00 – 13:00

Studente registreer hier

Navorsers en personeel registreer hier

Verbeter jou navorsingsimpak

Die eerste sessie van hierdie werkswinkel sal uiteensit watter stappe om te neem om jou impak as navorser te verbeter, terwyl die tweede sessie handel oor hoe om jou impak te monitor met behulp van verskillende databasisse. 

Datum: 30 April 2026

Tyd: 14:00 – 16:00

Studente registreer hier

Navorsers en personeel registreer hier

Maak belangrike besluite oor die publisering van jou navorsing

Hierdie praktiese sessie dek belangrike fatore wat jou sal help besluit waar om jou navorsing te publiseer. Deur die regte keuses te maak, kan jy die aantal lesers en aanhalings van jou navorsing verhoog, publikasievertraging verminder en dus verseker dat jou publikasie vir staatsubsidie in aanmerking kom.

Datum: 5 Mei 2026

Tyd: 10:00 – 13:00

Studente registreer hier

Navorsers en personeel registreer hier

Inleiding tot Endnote vir  verwysingsbestuur 

Die bestuur van jou verwysings kan 'n uitdagende taak wees. Hierdie werkswinkel sal jou bekendstel aan EndNote, 'n hulpmiddel wat hoofsaaklik op verwysingsbestuur fokus. EndNote bied verskeie dienste, insluitend verwysingsbestuur, organisering en annotasie van PDF-dokumente en akademiese samewerking. 

Datum: 6 Mei 2026

Tyd: 14:00 – 16:00

Studente registreer hier

Navorsers en personeel registreer hier

Inleiding tot SciVal vir Navorsingsevaluering

SciVal is Elsevier se hulpmiddel vir die beoordeling van navorsingsprestasie. Dit stel gebruikers in staat om navorsingsprestasie te visualiseer, vergelykings met eweknieë te tref, en opkomende navorsingstendense te identifiseer en te ontleed. Die navorsingsprestasie van meer as 22 000 navorsingsinstellings uit meer as 230 lande wêreldwyd kan ontleed word. Hierdie werksessie sal ’n oorsig van SciVal se funksies insluit, sowel as ’n praktiese demonstrasie.

Datum: 7 Mei 2026

Tyd: 14:00 – 16:00

Studente registreer hier

Navorsers en personeel registreer hier 

Tags: