Mik Groot! Verhef Jou Navorsing!
Kontakbesonderhede
Ons nooi u met ‘n groot plesier uit na die 2026 Biblioteek Navorsingsweek, wat van 11–15 Mei plaasvind. Onder vanjaar se tema, “Mik Groot! Verhef Jou Navorsing!”, is ons besig om ’n program van aktiwiteite saam te stel wat daarop gemik is om jou navorsingsvaardighede te slyp en jou akademiese impak te versterk. Die program sal poog om die meeste aspekte van die navorsingslewensiklus te dek.
Die week skop op 11 Mei van 15:30–16:30 af met ’n toespraak deur ons vooraanstaande gasspreker, Professor Francesco Petruccione, Stellenbosch University se Pro-visekanselier vir Groot Data en Informatika en Direkteur van die National Institute for Theoretical and Computational Sciences (NITheCS).
Moenie hierdie geleentheid misloop om waardevolle navorsingsinsigte te verkry wat jou werk na die volgende vlak kan neem nie — merk solank die datum!