Daar is toenemend bewyse dat ekstrasellulêre DNS – genetiese materiaal wat vrygestel word deur bakterieë wat tydens die behandelingsproses gedood word – potensieel as opgaartenk van antibiotikaweerstandigheid kan optree, iets wat voorheen onderskat is. Navorsers van die Universiteit Stellenbosch het in afvalwatermonsters van ’n groot Suid-Afrikaanse stad bewyse gevind van genetiese materiaal van twee hoof bakteriële groepe, algemeen bekend vir hul hoërisiko weerstandigheidsprofiele.