Skip to main content

Honneurs

Die Honneursprogram is in lyn met die navorsingsrigtings binne die departement.

Kernfisika

  • Kernfisika
  • Bestralings- en gesondheidsfisika

Laserfisika

  • Laserfisika

Teoretiese fisika

  • Teoretiese fisika

Navrae oor nagraadse studies

Me Ursula Isaacs
+27 21 808 3380
Merensky Gebou

Modules

Module inligting: 8 krediete

Inhoud: Elektrostatika en magnetostatika toepassings op randwaardeprobleme, multipooluitbreidings, tydafhanklike velde, maattransformasies, absorpsie en verspreiding van elektromagnetiese golwe in verskillende media, bewegende ladings en stralingsteorie.

Module inligting: 8 krediete

Inhoud: Vryheidsgrade, veralgemeende koördinate, Lagrange-vergelykings van die eerste en tweede soort, toepassings, klein ossillasies, variasierekening, Hamilton se beginsel, Noether se stelling en magnetostatiese toepassings op randwaardeprobleme, multipooluitbreidings, tydafhanklike velde, maattransformasies, absorpsie en verspreiding van elektromagnetiese golwe in verskillende media, bewegende ladings en stralingsteorie.

Module inligting: 8 krediete

Inhoud: Kristalstruktuur, roostervibrasies en fonone. Diffraksie deur kristalle en die wederkerige rooster. Periodieke kristalpotensiale, die digbindingsmodel, halfgeleiers. Magnetisme: para-, dia-, ferro- en antiferromagnetisme.

Module inligting: 8 krediete

Inhoud: Stralingsbronne, die proses van radioaktiewe verval as bron van straling, interaksie van fotone en neutrone en gelaaide deeltjies met materie, isotoopproduksie met reaktore en versnellers, kernsplyting as 'n bron van straling, lasers en mikrogolwe as bronne van straling. 

 

Module inligting: 8 krediete

Inhoud: Relativistiese dispersieverhoudings en kwantummeganika. Klein Gordon-vergelyking, Klein-paradoks. Dirac-vergelyking en spin. Kovariansie van die Dirac-golffunksie, chiraliteit. Minimale koppeling. Nie-relativistiese limiet en Pauli-vergelyking. Relativistiese behandeling van die waterstofatoom. Maxwell-vergelyking as maatteorie. Stralingsmeter.

Module inligting: 16 krediete

Inhoud: Fase-oorgange en kritieke verskynsels, fenomenologiese teorieë (Landau-Ginsburg, skaleringshipotese), eenvoudige modelstelsels, benaderingsmetodes (gemiddelde veldteorie, selfkonsekwente benadering). Statistiese fisika van vloeibare kristalle en polimere. Simulasiemetodes. Dinamiese korrelasie- en responsfunksies, Langevin-teorie, stogastiese differensiaalvergelykings (Fokker-Planck-vergelykings).

Module inligting: 32 krediete

Inhoud: Onafhanklike werk oor 'n onderwerp wat deel vorm van Fisika, gekies in oorleg met dosente in die Departement Fisika. Die projek moet deel vorm van die navorsingsaktiwiteite van die Departement Fisika onder toesig van 'n geskikte studieleier. Die projek moet goedgekeur word deur die navorsingskomitee van die Departement Fisika. 'n Skriftelike verslag moet ingedien word en 'n mondelinge aanbieding moet gegee word. Elke student moet ook 'n mondelinge eksamen aflê.

Module inligting: 8 krediete

Inhoud: Die inhoud kan aspekte van lig-materie-interaksie, kwantummeganika en kwantumoptika, atoom-, molekulêre, vastetoestand- of plasmafisika en eksperimentele ontwerp insluit. Die inhoud kan van interdissiplinêre aard wees.

Module inligting: 8 krediete

Inhoud: Die inhoud kan aspekte van lig-materie-interaksie, kwantummeganika, onderwerpe uit biologie, chemie of wiskundige wetenskappe, spektroskopiese tegnieke, beeldvorming en mikroskopie insluit. Die inhoud sal van interdissiplinêre aard wees.

 

Module inligting: 8 krediete

Inhoud: Optiese spektroskopiese diagnostiese instrumentasie en tegnieke. Laserspektroskopietegnieke vir atome, molekules en plasmas. Hoëfrekwensie- en tydopgeloste spektroskopie en verwante diagnostiese instrumentasie en metodes. Voorbeelde van toepassings van spektroskopiese tegnieke.

Module inligting: 8 krediete

Inhoud: Inleiding tot lasers, lasertempovergelykings, populasie-inversie, drempelwins en versadiging; laseruitsetberekeninge deur middel van die uniforme veldbenadering, multi- en enkelmodus-ossillasies, modusvergrendeling, laserresonatorteorie, inleiding tot nie-lineêre optika.

Lasermedia: vastetoestand-, gas- en kleurstoflasers. Opwekkingstegnieke. Resonatortipes en -ontwerpe. Q-skakeling, winsskakeling, modusvergrendeling, enkelmoduswerking, golflengte-afstemming. Huidige laserstelsels. Toepassings: Wetenskaplik, industrieel, kommunikasie, medies, militêr.

Module inligting: 8 krediete

Inhoud: Veldkwantisering en koherente toestande van lig, atoom-veld-interaksies (klassieke en enkelfoton-interaksies), klassieke en kwantumkoherensie, nie-klassieke toestande van lig, teorie van spontane emissie, geselekteerde toepassings soos enkelfoton-eksperimente en holte-kwantum-elektrodinamika en verstrengeling.

Module inligting: 8 krediete

Inhoud: Kwantummeganika van rotasie- en vibrasievryheidsgrade van molekules. Elektroniese spektra van molekules. Die gebruik van simmetrieë in molekulêre fisika. Die interaksie van lig met molekules. Kinetika en dinamika van elementêre molekulêre reaksies.

Module inligting: 8 krediete

Inhoud: Kernreaksies: Basiese konsepte van verstrooiingskinematika. Elastiese verstrooiing, die optiese model. Die studie van reaksiemeganismes, bv. saamgestelde kernvorming, direkte reaksies, pre-ewewigsprosesse. Reaksies met ligte projektiele, bv. onelastiese verstrooiing, oordragreaksies, uitklopreaksies. Swaar ioonreaksies, fragmentasie. Elektronverspreiding en hoë-energie kernreaksies.

Kernstruktuur: Twee-nukleonstelsels (bv. deuteron): interaksie van nukleone en die insluiting van eienskappe soos ladingonafhanklikheid en spinafhanklikheid. Die Yukawa-teorie van mesonuitruiling. Veelvuldige nukleonstelsels: Die kernskilmodel (enkel- en veeldeeltjie, inleidend). Rotasie- en vibrasie-effekte in kerne (die kollektiewe model).

Module inligting: 8 krediete

Inhoud: 

'n Keuse van onderwerpe uit: kern- en deeltjiefisika, stralings- en gesondheidsfisika, kwantummeganika, statistiese fisika, data-analise of eksperimentele tegnieke in kernfisika.

Inhoud: Stralingsdosimetrie: Meting van straling, definisies van fisiese hoeveelhede, energie-oordrag, elektroniese ewewig, Bragg-Gray-holte, interaksie van gelaaide deeltjies met materie, stralingskwaliteit en -bereik, protondosimetrie, interaksie met menslike weefsel.

Fisika van Radiologie: Die X-straalmasjien, Konvensionele radiografie, Fluoroskopie, Mammografie, Rekenaartomografie, Ultraklank, Magnetiese Resonansiebeelding.

Module inligting: 8 krediete

Inhoud: Stralingsdetektors, die gammakamera, kwaliteitsbeheer van die gammakamera, rekenaars in kerngeneeskunde, beginsels van SPECT, beginsels van PET, tellingstatistieke, basiese beginsels van spoorderstudies, liggaamstellers.

Module inligting: 8 krediete

Inhoud: Dosimetrie van teleterapie, filters, behandelingbeplanning, geometrie van die straal, teleterapie-eenhede, gehalteversekering, elektronterapie, brachyterapie, onverseëlde bronne en beta-bestralingstoestelle.

Inhoud: Radiologiese beskerming, die afskerming van neutrone en gammastrale.

Module inligting: 8 krediete

Inhoud: Multideeltjie-golffunksies en die simmetrisasiepostulaat; skeppings- en annihilasie-operatore vir fermione en bosone (tweede kwantisering); variasionele beginsels en die Hartree-Fock-benadering; sifting en lineêre respons; Bogoliubov-transformasies; supergeleiding en magnetiese vloedkwantisering.

Module inligting: 16 krediete

Inhoud: Module stel kwantumveldteorie bekend. Lagrange-formalisme in veldteorie en Noether-strome. Kovariante kwantisering van Klein-Gordon- en Dirac-velde. Deeltjieinterpretasie, spin en statistiek. Funksionele kalkulus, Grassmann-veranderlikes, funksionele integraalkwantisasies van ijkteorieë. Perturbasieteorie en Feynman-reëls. Dwarssnitte en vervalwydtes in deeltjiefisika. Effektiewe Potensiale. Regularisering en renormalisering. Asimptotiese vryheid in ijkteorieë.

Module inligting: 8 krediete

Inhoud: 'n Keuse van onderwerpe uit: kosmologie, algemene relatiwiteit, kwantummeganika, statistiese fisika, biologiese fisika, of gekondenseerde materie-fisika.

Module inligting: 8 krediete

Inhoud: Kort oorsig van Bayesiaanse waarskynlikheidsbeginsels. Voorwaardelike waarskynlikheid, produkreël, Bayes se stelling. Belangrike diskrete en kontinue verspreidings. Parameterberaming en modelvergelyking in verband met masjienleer, toepassing op data-analise. Simmetrieë, entropie en inligtingwins. Verskillende bykomende onderwerpe afhangende van beskikbare tyd.

Module inligting: 8 krediete, aanbieding onderhewig aan personeelbeskikbaarheid en studentegetalle

Inhoud: Inleiding tot nie-lineêre dinamiese stelsels: Modellering, kontinue en diskrete afbeeldings, stabiliteitsanalise, hiërargie van chaos, vreemde aantrekkers, universaliteit en Feigenbaum-konstantes, Hamilton-chaos, KAM-stelling.

Module inligting: 8 krediete

Inhoud: Geometriese, fisiese en kwantumformalismes, polarisasie (Stokes- en Jones-vektore), refleksie, transmissie en dispersie (Fresnel, Brewster, totale interne refleksie, dubbele refraksie), geometries-optiese beskrywing van paraksiale optiese stelsels (matriksoptika), diffraksie en interferensie (driedimensioneel), interferometrie. Diffraksieteorie. Fourier-optika, diffraktiewe optika.

Module inligting: 8 krediete

Inhoud: 

Beginsels van nie-lineêre optika. Nie-lineêre polarisasie, nie-lineêre optiese koëffisiënte, harmoniese generasie en fase-aanpassing. Anisotropie, optiese modulasie: Elektro-optiese, magneto-optiese en akoesto-optiese modulasie.

Module inligting: 8 krediete

Inhoud: Die inhoud kan aspekte van elektromagnetisme, optika en nie-lineêre optika, lasers, lig-materie-interaksie, kwantumoptika en eksperimentele ontwerp insluit. Die inhoud kan van interdissiplinêre aard wees.