Gemeenskapsinteraksie
Die Fisika-departement prioritiseer gemeenskapsinteraksie op verskillende vlakke.
Ons beskou dit as ons plig om die breër gemeenskap op te voed en in te lig oor aspekte rakende Fisika en nuwe ontdekkings.
Vir hierdie doel betrek die departement die gemeenskap met 'n aantal verskillende projekte, gemik op spesifieke groepe. Dit sluit die volgende in:
- Jaarlikse padreis deur ons nagraadse studente na skole in die Wes-Kaap.
- Fisika-departement se opedag
- Gereelde Afrika-Lasersentrum-studentewerkswinkels/konferensies
- Deelname as beoordelaars aan die Eskom jongwetenskaplike-ekspo
- Ons personeel dien op talle professionele liggame en redaksionele rade
- Gereelde gasheerdienste vir skole in ons voorgraadse laboratoriums
Dit is maar 'n paar van die meer gereelde aktiwiteite wat plaasvind.
Ons personeel neem ook gereeld deel aan radio- en televisie-onderhoude oor onderwerpe wat van aktuele belang is.