Dienste
Die Fisika-departement soek aktief geleenthede om navorsing namens die industrie te doen. Dit kan die vorm aanneem van kontraknavorsing of samewerkingsprojekte. Kontak asseblief die betrokke groepleiers direk om u navorsingsvraag of behoeftes te bespreek.
Die departement huisves ook die meganiese werkswinkel van die Fakulteit Natuurwetenskappe. Die werkswinkel is toegerus met al die nodige toerusting en kundigheid om 'n wye reeks meganiese projekte te kan ontwerp en vervaardig. Kontak asseblief die hoof van ons werkswinkel om u behoeftes te bespreek.
Kontraknavorsing
- Die Stellenbosch Fotonika Instituut het uitgebreide ervaring in die uitvoering van bedryfsverwante navorsing. Vorige projekte sluit in afstandwaarneming, lasergebaseerde verfstroop, laserstraalpropagasiemodellering, om maar 'n paar te noem. Vir meer inligting, kontak asseblief prof. Pieter Neethling.
- Die teoriegroep fokus op die modellering van komplekse en dinamiese stelsels. Vir meer inligting, kontak asseblief prof Kristian Müller-Nedebock.
- Ons Kernnavorsingsgroep kan advies gee oor kern- en omgewingsveiligheid, sowel as materiaalanalise met behulp van kerntegnieke. Kontak asseblief prof Shaun Wyngaardt vir meer inligting.
Meganiese werkswinkel
Die meganiese werkswinkel, wat binne die departement Fisika aangebied word, voorsien in die behoeftes van navorsers binne die Wetenskapfakulteit. Dit bied ook navorsers van ander fakulteite en die industrie die geleentheid om pasgemaakte meganiese toestelle en infrastruktuur teen baie mededingende pryse te laat bou.
Om u behoeftes te bespreek en meer uit te vind, kontak asseblief die hoof van die werkswinkel, mnr. Lawrence Ashworth.