Skip to main content
SU

​​​​​BEd Grondslagfase

Oorsig

Die Baccalaureusgraad in Opvoedkunde (BEd) in Grondslagfase‑onderwys is ’n vierjaar‑voorgraadse program wat jou voorberei om leerders in Grade R tot 3 te onderrig. Die program ressorteer binne die breër veld van Vroeë Kinderonderwys (VKO) (geboorte tot nege jaar) en rus jou toe met gespesialiseerde vakkennis, pedagogiese inhoudskennis en praktiese bevoegdhede wat nodig is om die informele aard van Graad R sowel as die meer formele grondslagonderwys van Grade 1–3 met kundigheid te bemeester.

Na voltooiing van die program is jy ’n professioneel-gekwalifiseerde Grondslagfase-onderwyser wat in ’n wye verskeidenheid opvoedkundige kontekste kan werk, insluitend openbare, onafhanklike en spesiale skole, en binne diverse kurrikulumraamwerke, beide plaaslik en internasionaal. Jy sal toegerus wees om op ’n etiese, professionele en ingeligte wyse op onderwysveranderinge en -uitdagings te reageer.

Loopbaangeleenthede
Benewens Grondslagfase-onderwys, kan die volgende loopbane oorweeg word:

  • Vroeë Kinderonderwys (VKO): insluitend Graad R-klasse, VKO-sentrums, en rolle binne nie-regerings- of nie-winsorganisasies gefokus op jong kinders - met kursusse soos vroeë-leerprogramme, VKO praktisynsopleiding, ouerondersteuning en hulpbronvoorsiening.
  • Leierskap- en ondersteuningsrolle in laerskole, soos Grondslagfase-vakadviseur, fase- of departementshoof – gewoonlik ná toepaslike ervaring en verdere studie.
  • Rolle binne die regering (onderwysdepartemente) en die breër onderwyssektor, met moontlikhede in kurrikulumontwikkeling, beleidswerk, programontwerp of onderwyserondersteuningsdienste.
  • Geleenthede om te spesialiseer as leerondersteuningsonderwyser.
  • Selfindiensnemingsgeleenthede, insluitend die stigting en bestuur van VKO-sentrums, ontwikkeling en aanbied van stimulasieprogramme, ontwikkeling van opvoedkundige materiaal, of werk as ’n onderwyskonsultant.
  • Toegang tot nagraadse studie (BEd Honneurs-, Meesters en Doktorale programme), wat loopbane in die akademie, opvoedkundige navorsing en opvoedkundige leierskap moontlik maak.

Die program is in lyn met internasionale kwalifikasies in VKO (Early Years Education), wat jou in staat stel om onderriggeleenthede in lande met vergelykbare vierjaar aanvanklike onderwysersopleidingsprogramme vir kleuter- en laerskoolonderrig te oorweeg.

Artikulasie

Die BEd Grondslagfase-onderwys is ’n aanvanklike onderwysersopleidingskwalifikasie wat op NKR-vlak 7 uittree.

Die graad bied toegang tot ’n reeks BEd Honneursprogramme (NKR-vlak 8) by die  Stellenbosch Universiteit en/of ander instellings. Suksesvolle voltooiing van ’n honneurskwalifikasie gee toegang tot meestersstudies (NKR-vlak 9), en daarna doktorale kwalifikasies (NKR-vlak 10).

Programinhoud

Die vierjaarprogram sluit ’n verskeidenheid verpligte modules in wat jou met die teoretiese kennis en praktiese vaardighede toerus om in die Grondslagfase (Grade R–3) te kan onderrig.

Modules wat in die program ingesluit is

Inligtings- en Kommunikasietegnologie

  • Inligtings- en Kommunikasietegnologie vir Leer (IKT)

Tale

(Studente kies uit) 

  • Engels
  • Afrikaans
  • isiXhosa
  • Suid-Afrikaanse Gebaretaal

Let wel: Alle studente studeer twee tale - gekies uit Afrikaans, Engels of isiXhosa - op óf ’n eerste- óf tweedetaalvlak vir die volle duur van die program. In die derde jaar neem studente ook ’n derde addisionele kommunikasietaal.

Opvoedkundestudies

  • Om ’n Onderwyser te Word
  • Ontwikkeling en Leer
  • Opvoedkundebeleid en Leierskap
  • Sosiologie van die Opvoeding
  • Aanspreek van Diverse Leerbehoeftes
  • Filosofie van die Opvoeding

Grondslagfase-onderwys

  • Wiskunde-onderwys (Grondslagfase)
  • Taal- en Geletterdheidsonderwys (Grondslagfase)
  • Lewensvaardighede-onderwys (Grondslagfase)
  • Graad R Teorie en Praktyk

Praktiese Leer

  • Praktiese leer vorm ’n integrale deel van die program deur al vier jare heen om ’n progressiewe skoolgebaseerde leerervaring te verseker.

Keuring​

  • Aansoeke sluit op 30 Julie.
  • Daar is plek vir 125 Grondslagfase-studente

Toelatingsvereistes vir aansoekers wat die NSS of IEB geskryf ​​het

  • 'n NSS- of IEB-gemiddelde van minstens 60% (Lewensoriëntering uitgesluit)
  • Wiskunde 40% OF Wiskundige Geletterdheid 60%

Taalvereistes

Aansoekers moet die volgende vereistes nakom op grond van hul taal van onderrig:

Leerders wat onderrig in Engels ontvang het:

• Engels Huistaal: ten minste 60%
• Afrikaans óf isiXhosa (Huistaal of Eerste Addisionele Taal): ten minste 50%

Leerders wat onderrig in Afrikaans ontvang het:

• Afrikaans Huistaal: ten minste 60%
• Engels óf isiXhosa (Huistaal of Eerste Addisionele Taal): ten minste 50%

Leerders wat onderrig in isiXhosa ontvang het:

• isiXhosa Huistaal: ten minste 60%
• Engels óf Afrikaans (Huistaal of Eerste Addisionele Taal): ten minste 50%

Aansoekers met die ou Matrieksertifikaat (voor 2008):

Kontak asseblief die Kliëntedienssentrum by 021 808 9111 vir die toepaslike toelatingsvereistes.

Programkoördineerder 2026:

Dr Zelda Barends

[email protected]

 

BEd Intermediêre Fas​​e

Hierdie vierjarige voltydse BEd-program lei jou op om onderwys te gee aan leerders in die Intermediêre Fase. Jy spesialiseer in twee skoolvakke en twee tale, en die program dek die teorie en praktyk van al die leerprogramme van graad 4 tot 6.

Programinhoud

Die program se leerplan is vas en bestaan uit akademiese en professionele modules. Praktiese Leer maak vanaf die eerste jaar 'n belangrike deel van die program uit. Alle studente neem twee tale as onderrigspesialisering (gekies uit Afrikaans, Engels of isiXhosa) op Huistaal- of Addisionele Taalvlak, deur al vier jaar van studie. 'n Derde kommunikatiewe taal word in die derde studiejaar geneem.

In die eerste studiejaar is Wiskunde-onderwys verpligtend vir alle BEd-studente. Jy neem dus Wiskunde-onderwys saam met Wordende Onderwyser, Inleiding tot Taalonderwys, en twee ander spesialiseringsvakke uit die volgende:

 

  • Lewensvaardighede
  • Natuurwetenskappe (Ond)
  • Sosiale Wetenskappe (Ond)

 

Kyk die toelatingsvereistes vir hierdie vakke hieronder.

In die tweede tot vierde studiejaar neem jy net twee spesialiseringsareas voort. Let wel: Om met Wiskunde as 'n spesialiseringsvak van die tweede jaar af voort te gaan, moet jy Wiskunde-onderwys met 'n jaarpunt van ten minste 60% in jou eerste jaar slaag.

Ander verpligte modules sluit in:

 

  • Inligtingskommunikasietegnologie vir Leer (IKT)
  • Taalonderwys: Kernmodule
  • Ontwikkeling en Leer
  • Aanspreek van Diverse Leerbehoeftes
  • Opvoedingsbeleid en Bestuur
  • Opvoedkundige Evaluering en Navorsing
  • Sosiologie van die Opvoeding
  • Filosofie van die Opvoeding

 

Aangesien die program tot 'n graad lei, gee dit jou toegang tot die Fakulteit se nagraadse programme tot op doktorale vlak.

Verdere studiegeleenthede

Jy kan spesialiseer in kurrikulumontwikkeling, taalonderwys, opvoedkundige ondersteuning of onderwysbeleid deur op te volg met een van die Fakulteit se HonsBEd-programme:

 

  • HonsBEd (Kurrikulumondersoek)
  • HonsBEd (Opvoedkundige Ondersteuning)
  • HonsBEd (Onderwysontikkeling en Demokrasie)
  • HonsBEd (Taalonderwys)

 

Hierna kan jy verder spesialiseer op MEd- en doktorale vlak.

 

Voorvereistes vir jou gekose spesialiseringsareas

Natuurwetenskappe (Ond)

  • 'n Prestasie van minstens 50% vir Lewenswetenskappe OF Fisiese Wetenskappe in Graad 12

 

Sosiale Wetenskappe (Ond)

  • 'n Prestasie van minstens 50% vir Geskiedenis OF Geografie in Graad 12

 

Lewensvaardighede

  • Geen voorvereistes (alle studente kan hierdie vak volg)

 

Keuring

 

  • Aansoeke sluit 30 Junie
  • Slegs 'n beperkte aantal studente word tot die program toegelaat
  • Toelatingsvereistes vir aansoekers wat die NSS of IEB geskryf het

 

'n NSS- of IEB-gemiddelde van minstens 60% (Lewensoriëntering uitgesluit)

Wiskunde 40% OF Wiskundige Geletterdheid 60%

EN

Leerders wat in Afrikaans skoolgegaan het:

  • Afrikaans Huistaal 60% EN
  • Engels OF isiXhosa (Huistaal of Eerste Addisionele Taal) 50%

OF

Leerders wat in Engels skoolgegaan het:

  • Engels Huistaal 60% EN
  • Afrikaans OF isiXhosa (Huistaal of Eerste Addisionele Taal) 50%

OF

Leerders wat in isiXhosa skoolgegaan het:

  • IsiXhosa Huistaal 60% EN
  • Engels OF Afrikaans (Huistaal of Eerste Addisionele Taal) 50%

 

Die BEd (Intermediêre Fase-onderrig) het verdere toelatingsvereistes afhangende van die skoolvakke waarin jy wil onderrig gee:

Indien jy Natuurwetenskappe (Ond) kies:

  • Lewenswetenskappe of Fisiese Wetenskappe 50%

Indien jy Sosiale Wetenskappe (Ond) kies:

  • Geskiedenis of Geografie 50%

 

Toelatingsvereistes vir aansoekers wat die ou Matrikulasiesertifikaat aanbied

Vir die toelatingsvereistes volgens die ou Matrikulasiesertifikaat (voor 2008), skakel ons Kliëntedienssentrum by 021 808 9111.

 

PROGRAMKOÖRDINEERDER 2026:

Dr Elzahn Rinquest

[email protected]

Enquires

Kliëntedienssentrum
021 808 9111, 021 808 3822

Programinligting

Afrikaans:

Engels: