Skip to main content

Navorsingsoorsig

Die Departement Biochemie is geposisioneer op die koppelvlak tussen chemie en biologie, en beweeg van molekulêre strukture via makro-molekulêre aktiwiteit na biologiese funksie.

Ons onderneem onder andere toegepaste studies in Immunologie; Ontdekking en ontwikkeling van nuwe antibiotika en biosiede, Steroïede; Sisteembiologie; Epigenomika en Bioinformatika. Ons huisves ook die Suid-Afrikaanse Navorsingsleerstoel in Meganistiese Modellering van Gesondheid en Epidemiologie, beklee deur Prof Jacky Snoep.

Ontdekking en ontwikkeling van nuwe antibitioka en biosiedes

Prof Erick Strauss

Die Strauss Lab se kernnavorsingspogings is in die multidissiplinêre veld van Chemiese Biologie. Ons fokus hoofsaaklik op die chemie en biologie van die alomteenwoordige metaboliese kofaktor koënsiem A, en op lae molekulêre gewig tiol-afhanklike redoksbiologie. Ons pas ook die kundigheid wat ons op hierdie wyse verkry toe op die ontwerp en ontwikkeling van nuwe antimikrobiese middels - veral middels wat siektes teiken wat in die Afrika- gesondheidskonteks belangrik is, soos malaria en tuberkulose.

Prof Lyn-Marié Birkholtz

 

Prof Marina Rautenbach

Die BIOPEP Peptiedgroep ondersoek weerstand teen, meganisme van werking en struktuur-aktiwiteitsverwantskappe (SAV) van antimikrobiese peptiede en membraanaktiewe antibiotika, met behulp van beide natuurlike en unieke sintetiese verbindings. Hierdie antimikrobiese verbidings is gerig teen 'n aantal van teikens soos weerstandige bakteriële patogene,  in die besonder Listeria monocytogenes, swam plantpatogene, sowel as parasiete wat malaria (Plasmodium falciparum) veroorsaak.

Dr Naeem Sheik Abdul

Mitochondria speel belangrike rolle in energiemetabolisme en is verantwoordelik vir baie sellulêre prosesse. Die Abdul-groep fokus op die begrip van die impak wat dieetbioaktiewe verbindings op mitochondriale funksie het en die molekulêre meganismes wat betrokke is binne die konteks van toksikologie en farmakologie.

Page under construction

Dr Tawanda Zininga

Die Zininga Groep fokus op die ondersoek van die rol van molekulere begeleiders in proteienvouding in selle onder stres. Ons hooffokus is op die malaria agente Plasmodium spp. Die parasiete is afhanklik van robuuste proteienvoudingsmasjinerie vir hulle oorlewing in stresvolle omgewings. Ons hoop om die parasiet se proteïenvoudingsisteem beter te verstaan en ons beoog om hierdie kennis toe te pas op ander siektes.

Immunologie

Dr Annelise Botes

Die Botes Groep fokus op volstruis patogene en entstofontwikkeling in die konteks van Immunologie, ELISA, diagnostiese PKR, daarstel van immuniseringsskedules, DNA-entstowwe, molekulêre biologie, nuwe generasie DNA-volgordebepalingstegnieke, prokariotiese genoombepaling en annotering, DNA- en proteïenvolgorde bioinformatika.

Steroïde

Prof Karl Storbeck

Steroïedhormone speel 'n belangrike rol in die regulering van metabolisme, inflammasie, immuunfunksie, sout- en waterbalans, streshantering en voortplanting by alle soogdiere. Ons navorsing fokus op die produksie van steroïdehormone deur steroïdogene weefsel, die afwaartse metabolisme van hierdie hormone in perifere weefsel en die rol wat hierdie metabolisme in gesondheid en siektes speel. Ons is veral geïnteresseerd in die 11-suurstofagtige androgeen wat voorheen oor die hoof gesien is en wat ons en ander 'n rol speel in polisistiese ovariumsindroom, aangebore adrenale hiperplasie en kastrasiebestande prostaatkanker.

Prof Donita Africander

Die navorsing in ons laboratorium fokus daarop om die basiese meganismes te verstaan van hoe verbindings soos progestiene en bioidentiese hormone, wat gebruik word in hormoonvervangingsterapie (HVT), bydra tot die ontwikkeling en vordering van inflammasie en borskanker. Aangesien die effekte van hierdie hormone gedryf word deur hul binding aan steroïdreseptore en dat verskillende steroïdreseptore in borskankergewasse uitgedruk word, sowel as opkomende bewyse wat 'n klinies relevante wisselwerking tussen sommige reseptore aandui, toon ons ook 'n spesifieke belangstelling in hoe verskillende vlakke en kombinasies van steroïdreseptore hierdie meganismes kan beïnvloed. Ons verken hierdie deur gebruik te maak van molekulêre benaderings, met die doel om te help in die ontwikkeling van nuwe terapeutiese strategieë om borskanker effektief te voorkom of te behandel.

Dr Nicky Verhoog

Ons hoof navorsingsfokus is op die effek wat glukokortikoïede via die glukokortikoïedreseptor en inflammasie op insulien seintransduksie het.

Sisteemsbiologie

Die Molekulêre Sisteembiologie groep bestudeer die kontrole en regulering van sellulere prosesse deur gebruik te maak van teorie, rekenaar-modellering en eksperimentele benaderings. ​​Deur gebruik te maak van 'n teoretiese raamwerk geskoei op metaboliese kontrole-analise word regulering in 'n geïntegreerde sellulere konteks wat metabolisme, seintranduksie en die genetiese hierargie insluit, bestudeer. Aspekte van hierdie teorie word eksperimenteel bestudeer in eensellige organismes soos gis, bakterië en Plasmodium falciparum, deur gebruik te maak van gekontroleerde kultivering in bioreaktors en kwantitatiewe analise met HPLC, massaspektroskopie​ en KMR.

Die groep is aktief in die veld van rekenaar-gedrewe sisteembiologie, beide in die ontwikkeling van kinetiese modelle van lewendige sisteme (suikerriet metabolisme, vergelykende analise van glikolise in verskeie organismes, gis selsiklus), en die ontwikkeling van nuwe modelleringsplatvorms (PySCeS en JWS Online).​​