Skip to main content

Dr Dawie van Niekerk

Dr Dawie van Niekerk

Dr Dawie van Niekerk

Navorsingsfokus

Wiskundige en Rekenaar-gebasseerde Sisteembiologie, Dinamiese Sisteme, Pharmakometrie

Navorsingsopsomming

Suksesvolle behandeling van malaria en MIV/Vigs, asook die bekamping van newe-effekte van die betrokke medisyne, is van groot belang vir die Afrika-kontinent. Wiskundige modellering word toenemend gebruik om geneesmiddel-teikens in molekulêre paaie te identifiseer, die effekte van medikasie op die fisiologie van die pasiënt te ontleed, en behandelingsintervensies op bevolkingsvlak te evalueer. Tradisionele modelbenaderings was gefragmenteerd, met benaderingsmetodes wat gebruik is om ontbrekende besonderhede te oorbrug. Dit het vooruitgang op elke vlak beperk, aangesien die beskrywing van die siekte, die epidemiologie daarvan en hoe dit op medikasie reageer, onvolledig was.

Ons werk fokus daarop om geïntegreerde raamwerke te ontwikkel vir die ontleding van die farmakologiese effekte van medisyne en die siekterespons by pasiënte en bevolkings. Dit word bereik deur gedetailleerde meganistiese wiskundige modelle van metabolisme en seintransduksie te kombineer met statistiese en fenomenologiese modelle van siekte, farmakologie en epidemiologie. Sodoende behels dit die integrasie van werk uit verskeie velde in die gesondheids- en lewenswetenskappe, en die toepassing van wiskundige, rekenaarkundige en eksperimentele tegnieke om die formalismes te ontwikkel, te kodeer, te simuleer en te analiseer, asook om addisionele biochemiese karakterisering van die betrokke metaboliese paaie te doen.

P​ublikasies

Google Scholar publikasielys

Kontakbesonderhede

Kantoor: A116 JC Smuts Gebou

Foon: +27-(0)21-808-5842

Faks: +27-(0)21-808-5863

E-pos: [email protected]