Dr Annelise Botes

Navorsingsfokus
Volstruis patogene en entstofontwikkeling
Navorsingstegnieke en navorsingsvelde
Immunologie, ELISA, diagnostiese PKR, daarstel van immuniseringsskedules, DNA-entstowwe, molekulêre biologie, nuwe generasie DNA-volgordebepalingstegnieke, prokariotiese genoombepaling en annotering, DNA- en proteïenvolgorde bioinformatika.
Beskrywing van navorsing
Ons navorsing fokus op siekteveroorsakende organismes in volstruise, en spesifiek organismes wat 'n impak het op volstruis produksie en dus van belang is vir die Suid-Afrikaanse volstruisbedryf. As gevolg hiervan was ons voorheen al betrokke by die daarstel van 'n ELISA en inentingsskedules teen Newcastle Siekte Virus, ontwikkeling van ELISA's vir Clostridium perfringens toksiene en huidiglik, die ontwikkeling van DNA-entstowwe teen mikoplasmas.
Mikoplasma veroorsaak lugweginfeksies in volstruise en is spesifiek 'n probleem onder voerkraal volstruise. Mikoplasma infeksies kan lei tot 'n afname in produksie asook afgradering van karkasse. Ons het getoon dat volstruise deur drie unieke Mikoplasma spesies geïnfekteer word (1) en fokus sedertdien op die ontwikkeling van DNA-entstowwe teen twee van hierdie spesies (2). As gevolg hiervan het ons die genoomopeenvolgings van die twee mikoplasmas bepaal sodat ons geskikte entstof kandidaat gene vir gebruik in die DNA-entstowwe kon soek (3). Hierna is die gene in verskillende vektore gekloneer vir daaropvolgende toetsing in entstofproewe. Weens aaneenhoudende probleme met voëlgriep in volstruise is entstofproewe egter onderbreek, maar kon onlangs weer hervat word (Desember 2014). Die vektore is ook in mutante Salmonella draers ge-elektroporeer om toekomstige mukosale entstowwe te vervaardig.
Die aanvanklike genoomopeenvolgings was nie volledig nie en ons is dus ook besig om met behulp van bioinformatika programmatuur en addisionele DNA-volgordebepalings die genome aanmekaar te sit en volledig te annoteer.
Samewerkers
- Prof Dirk Bellstedt, Universitiet van Stellenbosch
- Dr Adriaan Olivier, Klein Karoo Internasionaal (Edms.) Bpk., Oudtshoorn, Suid-Afrika
Kontakbesonderhede
Kantoor: A117 JC Smuts Gebou
Telefoon: +27-(0)21-808-5883
Faks: +27-(0)21-808-5863
E-pos: a[email protected]