CHOPIN PROJECT II
Kontakbesonderhede
CHOPIN PROJECT II
The Complete Chamber Music
with | met
Liezl Stoltz (flute | fluit)
Suzanne Martens (violin | viool)
Peter Martens (cello | tjello) |
José Dias (piano | klavier)
Die Endler Concert Series bied die tweede aflewering van The Chopin Project aan: pianis José Dias se verkenning van die volledige werke van die Poolse “digter van die klavier”, Frédéric Chopin. Hierdie keer val die fokus op Chopin se volledige kamermusiek-oeuvre, ’n beperkte maar merkwaardige groep werke waarin, benewens ’n vroeë klaviertrio, die tjello prominent na vore tree as Chopin se tweede geliefde instrument. Van vroeë werke in ’n virtuose styl tot sy laaste gepubliseerde komposisie, die meesterlike Cello Sonata, is hierdie werke grootliks te danke aan sy vriendskap met tjelliste, veral Auguste Franchomme.
José Dias word in hierdie unieke program vergesel deur die fenomenale Liezl Stoltz op fluit, asook die uitstaande musikale egpaar Suzanne en Peter Martens op onderskeidelik viool en tjello. Saam beloof hulle musiekvan die hoogste gehalte.
Fri 21 Aug | Vry 21 Aug 19:00
Endler Hall | Endlersaal
Tickets | Kaartjies:
R170 | R130 (pensioners | pensionarisse)
R50 (students | studente)
MATIES STUDENTE GRATIS TOEGANG (bespreek aanlyn)