Koperblaasensemble
Die US Koperblaasensemble is in 2011 gestig – ‘n inisiatief van Prof. Winfried Lüdemann en Me Pamela Kierman, lektrise in koperblaasinstrumente, albei begaafde koperblaasspelers.
Stellenbosch Universiteit Kamerkoor
Die Stellenbosch Universiteit Kamerkoor is amptelik op 7 Februarie, 2014 gestig en is ‘n uitstekende voorbeeld van diversiteit aan die SU.
Schola Cantorum
In die eerste ses jaar van Schola Cantorum se bestaan het die akademiese kamerkoor en residensiële koor van die SU Musiekdepartement hom gevestig as een van die toonaangewende kore in die land.
Simfonieorkes
Die Universiteit Stellenbosch Simfonieorkes (USSO) is in 1981 deur prof Eric Rycroft gestig. Tans het die USSO al meer as 400 volledige uitvoerings van simfonieë van Mozart, Brahms, Saint-Saëns, Tchaikovsky, Dvorak en Prokofiev gegee, vyf volledige operas begelei en ‘n verskeidenheid kantatas, misse...
Camerata
Die Universiteit Stellenbosch Camerata is in 2008 gestig as die breinkind van Peter Martens. Die aanvanklike idee was vir 'n kamerorkes bestaande uit US-dosente, studente en alumni om met internasionale soliste saam te werk, meestal sonder 'n dirigent.
Jazz-Orkes
In Stellenbosch gebaseer, is die Stellenbosch Universiteit Jazzorkes (SUJB) een van die Sertifikaatprogram se ensembles wat deur die Konservatorium se Musiekdepartement aangebied word.