Die Departement Musiek van die Universiteit Stellenbosch bied ’n ryk en dinamiese omgewing vir studente met ’n passie vir musiek, gegrond in ’n trotse tradisie van meer as ’n eeu se uitnemendheid in uitvoering, kreatiewe werk, navorsing en musiekonderrig. As een van Suid-Afrika se voorste musiekinstellings ondersteun die departement ’n wye reeks programme wat aangebied word deur internasionaal ervare dosente en ondersteun word deur wêreldklasfasiliteite, diverse ensembles en lewendige uitvoeringsgeleenthede. Of jou belangstellings nou in uitvoering, komposisie, musiektegnologie of akademiese studie lê, die Departement Musiek bied ’n omvattende grondslag vir artistieke ontwikkeling en professionele groei.
Hoe Om Aansoek te Doen
Stap 1: US aansoek
Begin die aansoekproses by die Universiteit Stellenbosch deur op DOEN AANSOEK te klik of kontak 021 808 4515.
’n Aansoekfooi is betaalbaar met registrasie.
Stap 2: Oudisie
Oudisies word benodig vir alle studente wat aansoek doen vir BAMus, BMus, Diploma and Hoër Sertifikate, sowel as BMus Hons en Meester grade.
Stap 3: Voornemeverklaring
Nagraadse studente moet ’n voornemeverklaring indien oor hul voorgestelde navorsing.