Skip to main content

Strykers- en Snaarinstrumente-afdeling

Strykers- en Snaarinstrumente-afdeling

Wie is ons?

Gewortel in die Westerse Kunsmusiek-tradisie, bou die huidige Strykinstrumente-afdeling by die Universiteit Stellenbosch Musiekdepartement voort op die fondamente wat gelê is deur opvoeders soos onder andere Paul Martens, Jack de Wet, Eric Rycroft, Dalena Roux, Lona Antoniadis en Louis van der Watt. Met 'n sterk tradisie van opleiding op die gebied van solo-uitvoering, kamermusiek, orkesspel en onderrig, het ons alumni hul merk gemaak as onderwysers, kamermusici en orkesspelers, nasionaal sowel as internasionaal. Indiensneembaarheid is ons missie – ons doel is om studente toe te rus om die professionele musiekwêreld te betree as veelsydige, goed afgeronde spelers en onderwysers.

Die strykersafdeling-kurrikulum sluit deelname aan USSO (Universiteit Stellenbosch Simfonieorkes), Onderrigmetodes en Repertoriumstudies, sowel as Kamermusiek in. Praktiese spesialiseringsopsies sluit in Solospel en Kamermusiek. Orkesstudies, tans aangebied as 'n nie-spesialiseringsmodule, sal binnekort 'n spesialisasiekeuse word. Ons studente trek groot voordeel uit die jaarlikse Stellenbosch Internasionale Kamermusiekfees, waar studente blootgestel word aan 'n grootliks internasionale speel- en onderrigfakulteit. Die fees bied uitstekende netwerkgeleenthede, nie net verbinding met eweknieë nie, maar ook met nasionale en internasionale soliste en onderwysers.

Meer gevorderde studente het die geleentheid om ervaring in kamerorkesspel op te doen deur deel te neem aan die aktiwiteite van die Stellenbosch Camerata en ander SU Strykkensemble-aktiwiteite. Studente word aangemoedig om soveel kamergroepformasies as moontlik te verken, ons bekroonde SU Strykkwartet is slegs een voorbeeld.

String Lecturers

Lektore

Dr Suzanne Martens
Dr Annien Shaw
Mr Petrus Coetzee
Dr Peter Martens
Dr Babette Roosenschoon
Me Francesca Levenderis
Me Nina Fourie-Gouws
Me Inge Wessels

Wat kan ek studeer?

Voorgraads

  • BMus: Spesialiseringsopsies: Uitvoering [Solo, Kamermusiek], Musiekonderwys, Musikologie, Komposisie, Musiektegnologie
  • BA Music
  • Diploma: Algemeen, of spesialisasie in Uitvoering [Solo, Kamermusiek]
  • Gevorderde Diploma: volg op die Diploma
  • Hoër Sertifikaat in Musiek

Nagraads

  • BMusHons in Viooluitvoering (Solo of Kamermusiek), Repertoriumstudies
  • MMus in Viooluitvoering (Solo of Kamermusiek), Repertoriumstudies
  • PhD (Musiek): Praktykgebaseerde Navorsing
cellist
Guitars
student with international guest artist
Image by: unknown