Breadcrumb
Meestersgraad in Maatskaplike Werk
SPESIFIEKE TOELATINGSVEREISTES
• 'n Vierjarige Baccalaureusgraad in Maatskaplike Werk (NKR-vlak 8) of ander gelykwaardige kwalifikasie wat deur die Senaat goedgekeur is.
• 'n Gemiddelde finale punt van 65% vir Maatskaplike Werk as hoofvak.
SLUITINGSDATUM VIR AANSOEKE
Doen aansoek teen 31 Augustus van die voorafgaande jaar.
PROGRAMSTRUKTUUR
Jy moet 'n navorsingswerkswinkel bywoon wat nie tot die finale punt bydra nie en 'n onafhanklike navorsingsprojek onder leiding van 'n studieleier uitvoer. Die uitkomste van die program hou direk verband met 'n spesifieke veld in maatskaplike werk en voldoen aan die vereistes wat deur die Suid-Afrikaanse Raad vir Maatskaplike Diensberoepe gestel word.
DUUR VAN PROGRAM
Die program strek oor 'n tydperk van ten minste een akademiese jaar.
AANSOEKPROSES
- Laai die Departementele Nagraadse Keuringsvorm hier af.
- Voltooi en dien die Departementele Nagraadse Keuringsvorm in by Prof. Engelbrecht ([email protected]).
- Doen aanlyn aansoek by Hoe om aansoek te doen | Nagraads | Universiteit Stellenbosch
- Indien jou kwalifikasies in Maatskaplike Werk aan 'n tersiêre instelling buite Suid-Afrika behaal is, sal die Nagraadse Kantoor jou toelaatbaarheid tot nagraadse studies bepaal deur 'n geloofwaardigheidsevaluering van jou kwalifikasie(s) te doen by ontvangs van 'n formele aansoek wat by die Universiteit ingedien is.
- Aansoeke open 1 April en sluit 31 Augustus.
- Terugvoer oor die sukses van die aansoek sal in Oktober verskaf word met verdere besonderhede rakende die spesifieke datum vir die nagraadse werkswinkel wat bygewoon moet word.
- Studente moet voor die einde van Maart registreer en moet elke jaar registreer vir die volle studietydperk totdat die graad behaal is.
Vir meer inligting, raadpleeg asseblief die US-jaarboek: 2026 Jaarboek