Breadcrumb
Baccalaureus in Maatskaplike Werk
INLEIDING
As jy die B Maatskaplike Werk-program wil volg, moet jy gekeur word.
Die rede hiervoor is dat die aantal plekke beskikbaar vir nuwe eerstejaarstudente beperk is.
Slegs 100 studente sal tot die program toegelaat word.
Die keuringsbeleid is beskikbaar by die Departement Maatskaplike Werk.
SPESIFIEKE TOELATINGSVEREISTES
- 'n Nasionale Senior Sertifikaat (NSS) of die skooleindsertifikaat van die Onafhanklike Eksamenraad (IEB) soos gesertifiseer deur Umalusi met 'n punt van minstens 4 (50%) in elk van die vier skoolvakke.
- 'n Gemiddelde finale punt van 63% in die NSS of die IEB-skooleindsertifikaat (uitgesluit Lewensoriëntering).
- Ten minste kode 5 (60% - 69%) in een van die volgende vakke:
- - Afrikaans Huistaal
- Engels Huistaal
- Afrikaans Eerste Addisionele Taal
- Engels Eerste Addisionele Taal - Die volgende proses sal gevolg word vir toelating, in ooreenstemming met die program se keuringsbeleid, wat beskikbaar is by die Departement:
- Aansoekers met 'n gemiddelde punt bo 70% vir die NSS of die IEB-skooleindsertifikaat (uitgesluit Lewensoriëntering) sal eerste oorweeg word.
- Aansoekers met 'n gemiddelde punt tussen 65% en 70% vir die NSS of die IEB-skooleindsertifikaat (uitgesluit Lewensoriëntering) sal volgende oorweeg word indien daar plekke beskikbaar is.
- Indien daar verdere plekke beskikbaar is, sal aansoekers met 'n gemiddelde punt tussen 63% en 65% vir die NSS of die IEB-skoolverlatingsertifikaat (uitgesluit Lewensoriëntering) oorweeg word.
- 'n Polisieklaringsertifikaat wat nie ouer as ses maande is nie, word vereis om hierdie program te doen. U moet hierdie sertifikaat by registrasie indien.
PROGRAMINHOUD EN -STRUKTUUR
Hierdie program fokus op generiese maatskaplike werk en is professioneel georiënteerd deurdat dit jou die nodige kennis bied, jou vaardighede ontwikkel en 'n sekere houding bevorder om jou as beginner in staat te stel om te praktiseer in ooreenstemming met die vereistes van die Suid-Afrikaanse Raad vir Maatskaplike Diensberoepe. Gedurende elke studiejaar moet jy die teorie- en praktykonderrigmodules van maatskaplike werk onafhanklik slaag om met die volgende akademiese jaar voort te gaan. In jou eerste jaar is Sosiologie en Sielkunde medevereiste modules. Jy mag slegs Maatskaplike Werk 4 neem indien jy voldoen aan die bepalings soos uiteengesit deur die Departement. In elk van die twee hoofvakke (teorie- en praktykonderrig) moet jy 'n hoeveelheid werk onderneem wat daarop gemik is om die integrasie van die inhoude binne en tussen die twee hoofvakke te verhoog, asook om die samehang van die program as geheel te bevorder. Hierdie werk wat deel vorm van die proses van geïntegreerde assessering, kan verskeie vorme aanneem, soos skriftelike opdragte, toetse, verskillende tipes praktiese werk, ens.
Vir meer inligting, raadpleeg asseblief die SU-jaarboek: 2026 Jaarboek.