Skip to main content

Beurse

Departementele Beurse

WIE: Ingeskrewe nagraadse studente in Letterkunde verbonde aan die Departement Afrikaans en Nederlands.

HOE: Stuur ʼn kort motivering waarom jy die beurs verdien; asook ʼn kort uiteensetting van jouu nagraadse studie in Letterkunde.

Sluitingsdatum: 31 Maart 2026 (voor 12:00) by Willemien Engelbrecht ([email protected])

Bepalings: Voorkeur word aan Magister en Doktorale studente verleen. Navorsing moet op Letterkunde gefokus wees. Studente wat die beurs reeds in die verlede ontvang het, word nie weer oorweeg nie. Voltydse werkende persone word ook
nie oorweeg nie. Beurs word in twee paaiemente uitbetaal.
 

Nagraadse studente kan aansoek doen vir die Kocks-beurs – spesifiek bedoel vir Taalkundestudente – deur ʼn kort motivering oor jou studie en oor jouself te stuur. 

Die skriftelike aansoek (en navrae) kan gestuur word aan Willemien Engelbrecht ([email protected])

PhD- en M-studente kan aansoek doen vir die J.P. Coetsee-beurse – een beurs van R10 000 is spesifiek bedoel vir nagraadse studie oor die Afrikaanse taal en een beurs van R10 000 is spesifiek bedoel vir nagraadse studie oor die Afrikaanse
letterkunde.

Doen aansoek vir die beurs deur aan te dui waaroor jou studie handel en ʼn kort motivering oor jou studie en oor jouself te stuur; asook watter beurse jy reeds vir die huidige jaar ontvang het. 

Dui ook duidelik aan vir watter beurs jy aansoek
doen, naamlik taalkunde of letterkunde. Die skriftelike aansoeke kan aan Willemien Engelbrecht ([email protected]) gestuur
word.

Beursskenker: 
Departement van Sport, Kuns en Kultuur (Suid-Afrika)

Doel: 
Hulp met klasgelde of programkoste

Wie kwalifiseer?
- Huidige nagraadse studente wat in 2026 geregistreer is en wat navorsing onderneem in of oor enige van die amptelike Suid-Afrikaanse tale.
- Slegs Suid-Afrikaanse burgers.
- Slegs voltydse studente.

Hoe doen ek aansoek?
Maak seker dat jou aansoek die volgende inligting insluit:
- ʼn Kort motivering waarin jy verduidelik waarom jy die beurs verdien. Skenk veral aandag aan klasgelde (ander uitgawes soos akkommodasie, vervoer, boeke of IT-hulpbronne speel geen rol in die toekenning van die beurs nie). 
- ʼn Uiteensetting van jou nagraadse studie.
- ʼn Gesertifiseerde afskrif van jou Suid-Afrikaanse identiteitsdokument – maak seker die inligting en foto is duidelik.
- Bewys van registrasie vir 2025.

Stuur jou aansoek aan Willemien Engelbrecht ([email protected]) teen 1 April 2026 om 12:00. Geen laat aansoeke sal oorweeg word nie.

Geen laat aansoeke sal oorweeg word nie.