Breadcrumb
Kortkursusse
Oor ons kortkursusse
Die Departement Afrikaans en Nederlands bied verskeie kredietdraende nagraadse kortkursusse binne die terrein van taalpraktyk en taalverwerwing aan. Hierdie kursusse strek elk oor een akademiese semester, en word aangebied as afstandsonderrig, maar wel met twee verpligte kontaksessies per semester op die Stellebosch-kampus. Die kursusse is dus veral geskik vir diegene wat verdere vaardighede wil verwerf, maar nie voltyds nagraads kan studeer nie. Kortkursusstudente wat alle asseserings suksesvol voltooi sal ’n bevoegdheidsertifikaat van die Universiteit Stellenbosch ontvang.
Kontakbesonderhede
As jy enige vrae oor ons kortkursusaanbod het, kontak ons gerus by [email protected].
Andersins kan jy die Universiteit se kortkursusblad besoek: