Skip to main content

Voedseldiensadministrasie

Voedseldiensadministrasie

Voedseldiensbestuur-koördineerder: Dr Nelene Koen
 

Dieetkundiges 
Dr Yolande Smit
Me. Nicolette Fredericks

Verbruikers is die hoofaandrywers van die voedselbedryf, maar dieetkundiges speel ’n groot rol in die vorming van die bedryf om aan die uiteenlopende eise van verbruikers en pasiënte te voldoen. Toenemende klem word geplaas op voedselopsies met ’n etniese geur (in kleurvolle Suid-Afrika) wat voedingskundig gesond en veilig is.

Die voedseldiensbestuursopleiding in die BSc (Dieetkunde)-program dek die prosesse van die produksie en bediening van ’n groot verskeidenheid spyskaartitems, met inbegrip van voedingskundig gemodifiseerde voedselsoorte, teen die agtergrond van toenemende kliënte-diversiteit en -skerpte.

Kennis van voedselwetenskap en -veiligheid is noodsaaklik, veral in die versorging van die immuungebrekkige kliënt, hetsy weens siekte, ouderdom, of behandelingstegnologieë. Die suksesvolle gebruik van voedselproduksie- en -dienstegnologieë hang af van ’n deeglike begrip van hoe hierdie prosesse die fisiese en chemiese eienskappe van voedsel, sowel as mikrobiese groei, deur al die fase van aanskaffing, verwerking, berging en diens beïnvloed. In hierdie verband word die gevaar-analise en kritiese beheerpunt-stelsel (HACCP, of Hazard Analysis Critical Control Point) algemeen in die voedseldiens- en voedselverwerkingsbedryf gebruik. Dit bied ’n raamwerk vir die uitkenning en monitering van biologiese, chemiese en fisiese gevare wat die veiligheid van voedsel kan beïnvloed.

Teen hierdie agtergrond omvat die opleiding in voedseldiens alle tersaaklike aspekte van voedselaanskaffing, -hantering, -verwerking, -verspreiding en -veiligheid.