Gemeenskapsvoeding
Gemeenskapsvoeding
Hoof van Gemeenskapsvoeding: Dr Lynette Daniels
Dieetkundiges/Dosente
Prof Lisanne du Plessis
Mev Ronel Beukes
Me. Lindsay Reid
Die Gemeenskapsvoeding-span se kundigheid lê op die gebied van globale, openbare gesondheids- en gemeenskapsvoeding. Saam fokus hierdie gebiede op ingrypings, beleide en programme wat op volhoubare verbeterings in die voedsel- en voedingstelsel gemik is, wat voedingsverwante siektes voorkom en bestuur en die voedingswelstand van gemeenskappe, bevolkings en mense wêreldwyd bevorder. Eerstejaars word bekend gestel aan die module ‘Hoe om ’n beroepspersoon in gesondheid te word’, gevolg deur ‘Voeding in die lewensiklus’ in die tweede jaar, wat ’n grondslag bied vir ‘Gemeenskapsvoeding’ in die tweede, derde en vierde jaar. Studente word van die tweede jaar af aan die primêre gesondheidsorg-opset blootgestel.