Magister in Terapeutiese Voeding
Hierdie magisterprogram bied aan dieetkundiges gespesialiseerde, breedvoerige, bewysgebaseerde kennis en opleiding in kliniese voeding. Hierdie kursus bied voorts belangrike insig in hedendaagse ontwikkelings op spesifieke gebiede in kliniese voeding.
Spesifieke toelatingsvereistes
Vir toelating tot die program vir die Magister in Terapeutiese Voeding moet die kandidaat oor ’n tersaaklike baccalaureusgraad op NKR-vlak 8 (of ’n internasionale ekwivalent) en minstens terapeutiese voeding (op gevorderde vlak), en fisiologie, biochemie en navorsingsmetodologie beskik, of andersins ’n bevoegdheidstandaard bereik het wat deur die Senaat as voldoende vir hierdie doel beskou word.
Vir die navorsingstroom is ondervinding in die beplanning en implementering van ’n navorsingsprojek op voorgraadse en beroepsvlak ’n vereiste.
Slegs ’n beperkte getal studente word jaarliks gekeur.
Let wel: Een kontaksessie (by die Universiteit Stellenbosch, Tygerbergkampus) van een week in die eerste jaar is verpligtend vir die gestruktureerde en die navorsingstroom.
Let wel: Kandidate wat nie hulle gemeenskapsdiensjaar (indien ter sake) in hulle eerste studiejaar (SA burgers) moet onderneem nie, sal voorkeur geniet. Kandidate kan gedurende hulle gemeenskapsdiensjaar vir die volgende jaar aansoek doen, indien hulle sou belangstel. Alle ander kandidate doen soos gewoonlik aansoek.
Gestruktureerde stroom
Aansoekprosedure en sluitingsdatum
Doen teen 30 September (plaaslike studente) of 31 Augustus (internasionale studente) van die voorafgaande jaar aanlyn by www.su.ac.za aansoek.
Duur van program
Die program strek oor ’n minimum van twee jaar.
Programbeskrywing
Dit is ’n gestruktureerde program wat uit drie teoretiese modules en ’n navorsingsprojek (50% van die totale krediete) bestaan. As die akademiese jaar oor 45 weke strek, sal jy na verwagting 20 uur per week aan die afhandeling van die program bestee.
Programinhoud
(50% teoretiese modules; 50% navorsingsprojek)
| Modulenaam | Verpligtend / opsioneel | Jaar | |
| Voedingsepidemiologie | Verpligtend | 1 | |
| Basiese voedingsbeginsels van maagdermsiektes | Verpligtend | 1 | |
| Terapeutiese voeding (oorkoepelende modulenaam met die opsies hier onder – studente kies 3 van die opsies volgens ’n rooster) | Verpligtend | 2 | |
Keusemodules (kies 3) (afhangende van beskikbaarheid) | Onkologiese voeding | Opsioneel | 2 |
| Pediatriese voeding | Opsioneel | 2 | |
| Niervoeding | Opsioneel | 2 | |
| Voedingsterapie (Enteraal en parenteraal) | Opsioneel | 2 | |
| Diabetes Mellitus | Opsioneel | 2 | |
| Gevorderde maagdermsiektes | Opsioneel | 2 | |
| Navorsingsprojek in terapeutiese voeding (50% van totale krediete) | Verpligtend | 1 & 2 | |
Navorsingstroom
Aansoekprosedure en sluitingsdatum
Doen teen 30 September van die voorafgaande jaar aanlyn by www.su.ac.za aansoek. Aansoeke vir voornemende internasionale studente sluit op 31 Augustus.
Duur van program
Die program strek oor ’n minimum van twee jaar.
Programbeskrywing
Die program bestaan uit ’n navorsingsprojek (100% van krediete) sonder enige teoretiese modules. As die akademiese jaar oor 45 weke strek, sal jy na verwagting 20 uur per week aan die afhandeling van die program bestee.
Jy moet ’n navorsingsprojek beplan en implementeer, en ’n tesis (of verkieslik twee artikels) vir publikasie in ’n gerefereerde vaktydskrif indien, in die formaat soos in die studiegids gespesifiseer.
Programinhoud
(100% research project)
| (100% navorsingsprojek) | Verpligtend / opsioneel |
| Navorsingstesis in terapeutiese voeding (100% van totale krediete) | Verpligtend |