Skip to main content

Magister in Openbare Gesondheidsvoeding

Die program bied interdissiplinêre opleiding in openbare gesondheidsvoeding, voedsel- en voedingswetenskap om afgestudeerdes vir loopbane as wetenskaplikes, navorsers, openbare gesondheidsvoedingskundiges en bestuurders in die openbare gesondheidspraktyk, staatsagentskappe, akademiese instellings, gesondheidsorgstelsels en die privaat sektor voor te berei.
 

Spesifieke toelatingsvereistes

Vir toelating tot die gestruktureerde stroom word ’n NKR-vlak 8-kwalifikasie (of internasionale ekwivalent) in die gesondheidswetenskappe of landbouwetenskap vereis, asook bewyse dat jy voedingsmodules op voorgraadse/nagraadse vlak afgehandel het. Ervaring en praktiese ondervinding in openbare gesondheidsvoeding sal as ’n bykomende voordeel dien.  

Vir toelating tot die navorsingstroom moet die kandidaat oor bogenoemde, plus kennis van navorsingsmetodologie en ondervinding in die beplanning en implementering van ’n navorsingsprojek (op voorgraadse vlak en professioneel) beskik, of andersins ’n bevoegdheidstandaard bereik het wat deur die Senaat as voldoende vir hierdie doel beskou word. 

Slegs ’n beperkte getal studente word jaarliks gekeur. ​
 

Let wel: Een kontaksessie (by die Universiteit Stellenbosch, Tygerbergkampus) van een week in die eerste jaar is verpligtend vir die gestruktureerde en die navorsingstroom. 

Let wel: Kandidate wat nie hulle gemeenskapsdiensjaar (indien ter sake) in hulle eerste studiejaar (SA burgers) moet onderneem nie, sal voorkeur geniet. Kandidate kan gedurende hulle gemeenskapsdiensjaar vir die volgende jaar aansoek doen, indien hulle sou belangstel. Alle ander kandidate doen soos gewoonlik aansoek.
 

Gestruktureerde Stroom

Aansoekprosedure en sluitingsdatum
Doen teen 30 September (plaaslike studente) of 31 Augustus (internasionale studente) van die voorafgaande jaar aanlyn by www.su.ac.za aansoek. 

Duur van program

Die program strek oor ’n minimum van twee jaar.

Programbeskrywing

Dit is ’n gestruktureerde program wat uit verskeie teoretiese modules en ’n navorsingsprojek (50% van die totale krediete) bestaan. As die akademiese jaar oor 45 weke strek, sal jy na verwagting 20 uur per week bestee om die program binne twee jaar af te handel.  


Programinhoud
(50% teoretiese modules; 50% navorsingsprojek)
 

ModulenaamVerpligtend / OpsioneelJaar
Voedingsepidemiologie ​Verpligtend1
Openbare gesondheidsvoedingsbeleide en -programme
 
Verpligtend
 
​1
 
Openbare gesondheidsvoeding (studente kies 3 van die opsies volgens ’n rooster) Verpligtend1

​​​​​Keusevakke (kies 3)


(afhangende van beskikbaarheid)
 



​ ​

Voeding, gesondheid en die omgewingOpsioneel1
Voedselsekerheid Opsioneel1
Gevorderde voedingsontledingOpsioneel1
Voedsel, voeding en bestaansmiddele in humanitêre noodgevalleOpsioneel1
Voeding en ekonomiese, menslike en maatskaplike ontwikkelingOpsioneel1
Voeding in gesondheid en die voorkoming van siektesOpsioneel1
Navorsingstesis in openbare gesondheidsvoeding (50% van totale krediete)Verpligtend2
 

Navorsingstroom

Aansoekprosedure en sluitingsdatum

Doen teen 30 September van die voorafgaande jaar aanlyn by www.su.ac.za aansoek. Aansoeke vir voornemende internasionale studente sluit op 31 Augustus


Duur van program
Die program strek oor ’n minimum van twee jaar. 


Programbeskrywing

Die program bestaan uit ’n navorsingsprojek (100% van die totale krediete) sonder enige teoretiese modules. As die akademiese jaar oor 45 weke strek, sal jy na verwagting 20 uur per week aan die afhandeling van die program bestee.

Jy moet ’n navorsingsprojek beplan en implementeer, en ’n tesis (of verkieslik twee artikels) vir publikasie in ’n gerefereerde vaktydskrif indien, in die formaat soos in die studiegids gespesifiseer.  ​
 

Programinhoud

(100% navorsingsprojek)​

ModulenaamVerpligtend / opsioneel
Navorsingstesis in openbare gesondheidsvoeding (100% van totale krediete)Verpligtend