Skip to main content

Doktorale program

PhD (Voedingswetenskap)
 

’n Doktorsgraad in voedingswetenskap kan verwerf word deur die erkenning van oorspronklike navorsing van hoogstaande gehalte en word geassesseer op grond van ’n proefskrif, volgens die regulasies van die Universiteit.

Spesifieke toelatingsvereistes

Jy kan tot die graad PhD (Voedingswetenskap) toegelaat word, op voorwaarde:

  • dat jy ’n magister in voeding/dieetkunde verwerf het; of
  • dat jy ’n tersaaklike MSc (Magister in die Natuurwetenskappe) aan die Universiteit, of aan enige ander universiteit wat deur die Senaat goedgekeur is, verwerf het; of
  • dat jy ’n ander kwalifikasie verwerf het (en die vereiste tydsverloop ná afhandeling van die kwalifikasie in ag geneem is), wat deur die Senaat as voldoende beskou word. Akademiese meriete, voedingskunde op magistervlak, navorsingsondervinding en -uitsette, en die voorgenome navorsingsfokusgebied word, onder andere, in die keuring van studente in ag geneem. 

     

    Die Afdeling kan ’n vasgestelde getal voltydse of deeltydse doktorale studente in die volgende (oorkoepelende) navorsingstemas akkommodeer:

  • Nieoordraagbare siektes
  • Voedsel- en voedingsekerheid
  • Die voeding en gesondheid van moeder en kind
  • Gespesialiseerde voedingsteun
  • Maagdermgesondheid
  • Aansteeklike siektes
  • Voedsel-etikettering
  • Versterking van gesondheidstelsels
  • Monitering van evalueringsbeleid
  • Bewysgebaseerde metodologieë
  • Opvoedingsnavorsing 
     



Kandidate kan ook vir doktorale studies buite hierdie tematiese gebiede inskryf, op voorwaarde dat die voorgenome studie binne die belangstellingsgebied(e) en kundigheid van die beskikbare navorsingspromotors val. 
 
 

Aansoekprosedure en sluitingsdatum
Vir inligting oor die PhD-aansoekproses, klik asseblief hier:


Let asseblief daarop dat alle aansoek aanlyn moet plaasvind by:
•    https://student.sun.ac.za/app…;
 

Vir navrae oor programme/aansoeke, gebruik die onderstaande kontakbesonderhede.
Slegs ’n beperkte getal studente word jaarliks gekeur, afhangende van kapasiteit


Duur van program

Die maksimum duur is vyf jaar. 
 

Huidige doktorale kandidate 

Klik hier vir huidige kandidate. 
 


Programinligting

Uit die Universiteit Stellenbosch Fakulteitsjaarboek: Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe 2026. Klik hier 

(Die Universiteit behou die reg voor om veranderinge soos nodig aan programme aan te bring. Jaarlikse veranderinge kom in jaarboekinskrywings voor: raadpleeg altyd die jaarboek van die registrasiejaar vir die jongste inligting.) 
Alle nagraadse kursusse word in Engels aangebied. 
 

Programkoste 

​Vir inligting oor die koste, raadpleeg gerus Deel 3 (Studentegelde) van die Universiteit Stellenbosch se Jaarboek. Klik hier


Vir inligting oor beurse en lenings,klik hier. 


Programme Enquiries

PhD Navrae/Aansoeke

Dr Nelene Koen
Tel: +27 (0)21 938 9256
E-pos: [email protected]
 

Administratiewe/Algemene Navraag

Mev Florence Coetzer or Mev Shané Isaacs 
Tel: +27 (0)21 938 9603 / 9259
E-posl: [email protected] / [email protected] 

Finansiële navrae

Mnr Thabo Tyholweni
Tel: +27 (0)21 808 3530
E-pos: [email protected]