Breadcrumb
BRek-program (voorgraads)
ʼn Geoktrooieerde Rekenmeester (GR) werk onder andere:
As ʼn ouditeur en/of rekenmeester vir ʼn ouditeursfirma en is onder andere vir die volgende verantwoordelik:
Uitvoer van wetlik voorgeskrewe oudits;
Lewering van bestuursadviesdienste, belastingdienste en advies rakende inligtingstegnologie.
As ʼn rekenmeester in handel en nywerheid (bv. die finansiële- of mynsektor), verantwoordelik vir die behartiging van ʼn reeks pligte wat die volgende insluit:
Bestuursinligting;
Finansiële verslagdoening;
Interne beheer;
Belastingsake;
Batebestuur.
As ʼn onafhanklike konsultant in areas wat bestuursadvies, belastingadvies en advies rakende inligtingstegnologie insluit.
As ʼn onafhanklike besigheidsman/vrou.
ʼn Groot aantal beroepsgeleenthede bestaan. Geoktrooieerde Rekenmeesters is in groot aanvraag in Suid-Afrika en ook wêreldwyd. Ouditeursfirmas is van die groot werkgewers van GRs. Van die groter ouditeursfirmas is Deloitte, Ernst & Young, KPMG en PricewaterhouseCoopers.
ʼn GR gebruik die titel GR(SA) en is ʼn lid van die Suid-Afrikaanse Instituut van Geoktrooieerde Rekenmeesters (SAIGR). Indien studente die roete volg wat deur Stellenbosch Universiteit aangebied word, moet hul vir die BRek-graad (3 jaar) registreer en daarna vir die dan ‘n nagraadse kwalifikasie, naamlik die Nagraadse Diploma in Rekeningkunde (NDR) (1 jaar) of die HonsBRek-graad (1 jaar). Nadat die vereiste tegniese kennis op universiteit verwerf is, word ʼn driejaar kontrak met ʼn geregistreerde ouditeursfirma of ander geregistreerde opleidingsorganisasie in handel en nywerheid aangegaan om die vereiste praktiese ondervinding op te doen. Gedurende die eerste jaar van hulle leerlingskap kan leerlingrekenmeesters die eerste deel van die professionele eksamen van die SAIGR, wat as die IAC (initial assessment of competence), bekend staan, skryf.
Nadat ʼn voornemende GR die IAC geslaag het, moet hy/sy ʼn spesialiskursus (wat nie deur Stellenbosch Universiteit aangebied word nie) voltooi en na 20 maande se leerlingskap is hy/sy geregtig om die finale deel van die professionele eksamen van die SAIGR, bekend as die Assessering van Professionele Bevoegdheid, te skryf. ʼn Voornemende GR wat aan al hierdie vereistes voldoen en sy/haar drie jaar van leerlingskap voltooi het, word toegelaat om by die SAIGR as ʼn GR(SA) te registreer.
Die BRekeningkunde (of BRek)-program is primêr gerig op die onderrig van studente wat van voorneme is om as geoktrooieerde rekenmeesters te kwalifiseer. Toelating tot die eerste professionele eksamen (bekend as die IAC) word verkry deur persone wat in besit is van 'n BRek-graad (of soortgelyke kwalifikasie) én 'n HonsBRek-graad/NDR.
Die breë doelstellings met die BRek-program is die volgende:
- Om die inhoud van die opvoedkundige gedeelte (universiteitsopleiding) van die SAIGR se Competency Framework vir die geoktrooieerde rekenmeestersberoep, bykans volledig te dek.
- Om die studiemateriaal só aan te bied dat onafhanklike en konstruktief-kritiese denke by studente aangewakker word, asook om die beginsel van lewenslange leer te vestig.
- Om by studente vanaf die eerste jaargang die deugde van integriteit, 'n verantwoordelikheidsin, 'n positiewe gesindheid en vele ander professionele eienskappe en vaardighede, wat noodsaaklik is vir 'n latere professionele loopbaan, in te skerp.
Vir meer besonderhede, raakpleeg asseblief die 2026 EBW Jaarboek
• ’n Nasionale Senior Sertifikaat-gemiddelde van 70%, Lewensoriëntering uitgesluit
• Wiskunde 70% of
• Wiskunde 60% en Rekeningkunde 70%
• Een van die volgende:
o Afrikaans Huistaal 50% of
o Engels Huistaal 50% of
o Afrikaans Eerste Addisionele Taal 70% of
o Engels Eerste Addisionele Taal 70%
Neem asseblief kennis: Hierdie program word in Afrikaans en Engels aangebied. Daar is aparte Afrikaanse en
Engelse groepe vir die eerstejaarmodules. In latere studiejare word sommige modules in Engels aangebied
met intydse tolking in Afrikaans.
Navrae
Vir navrae oor toelating, keuring en registrasieprosedures, module keuses en kredietvereistes, kontak asseblief:
Me Lauren Delport, mnr Meyrick Balie, me Nadia Cassiem, me Asanda Molisi of mnr Evan Fransman
Fakulteitsadministrateur
Administrasiegebou A
Tel: 021 808 9111
E-pos: [email protected]
Vir algemene navrae oor die akademiese inhoud van die program, kontak asseblief:
Me Ilse Frans
Studente-akademiese adviseur
Tel: 021 808 9525
E-pos: [email protected]
Volg hierdie skakel na die EBW 2026 Jaarboek (bladsy 73-74) vir inligting rakende inhoud.
Vir navrae oor toelating, keuring en registrasieprosedures, module keuses en kredietvereistes, kontak asseblief:
Me Lauren Delport, mnr Meyrick Balie, me Nadia Cassiem, me Asanda Molisi of mnr Evan Fransman
Fakulteitsadministrateur
Administrasiegebou A
Tel: 021 808 9111
E-pos: [email protected]
Vir algemene navrae oor die akademiese inhoud van die program, kontak asseblief:
Me Ilse Frans
Studente-akademiese adviseur
Tel: 021 808 9525
E-pos: [email protected]
Vir program-spesifieke inligting information, kontak die Programleiers:
Prof. Pieter von Wielligh, Prof. Stiaan Lamprecht & Sybil Smit
Die prospektus lys al Stellenbosch University se voorgraadse en nagraadse programme en stel gebruikers in staat om na programme te soek deur sleutelwoorde of ’n reeks filters te gebruik, soos beroepe, studietydperk en programtipe. Besoek die nuwe prospektus hier: Voorgraads | Stellenbosch University