Skip to main content

BCom: Bestuursrekeningkunde (CIMA)

Inligting


Die meeste rekeningkundige kwalifikasies lei mense vir die privaatpraktyk op; om met eksterne oudits en belastingkwessies te werk. Die CIMA-kwalifikasie berei 'n mense voor vir 'n loopbaan in besigheid. Die kwalifikasie leer jou vaardighede rakende strategiese advies, die bestuur van risiko en die maak van sleutel besluite.

Ons sillabes is ontwerp om 'n goeie verstaan van al die aspekte van besigheid aan ons studente oor te dra, sodat studente in verskeie areas van 'n organisasie 'n bydrae kan lewer. Die sillabes fokus op besigheid en gee studente dus meer as net rekeningkundige kennis. Jy sal finansieel gekwalifiseer wees, maar ook professioneel opgelei wees in besigheidsbestuur en die vermoë hê om advies rakende besigheidstrategie en risikobestuur te gee.

Wanneer jy as ʼn lid van die Chartered Institute of Management Accountants (CIMA), kwalifiseer sal jy by die wêreld se grootste en toonaangewendste professionele liggaam van bestuursrekeningkundiges aansluit.  CIMA het meer as 218,000 lede en studente in 177 lande.  Indien jy suksesvol vir CIMA opgelei word, sal jy die letters ACMA (Associate of The Chartered Institute of Management Accountants) agter jou naam kan skryf.  Jy sal ook as ʼn Chartered Global Management Accountant kan registreer, wat 'n gesamentlike onderneming tussen CIMA en die AICPA van die VSA is.  (Vir meer inligting oor CIMA, besoek hulle webwerf by www.cimaglobal.com​.)

Bestuursrekeningkundige kombineer rekeningkunde, finansies en bestuur met die toonaangewendste tegniekte wat benodig word om suksesvolle besigheide te bestuur.

  • Geoktrooieerde bestuursrekeningkundiges:
  • Adviseer bestuur rakende die finansiële implikasies van projekte.
  • Verduidelik die finansiële gevolge van besigheidsbesluite.
  • Formuleer besigheidstrategieë.
  • Monitor besteding en finansiële beheer.
  • Voer interne besigheidsoudits uit.
  • Verduidelik die impak van die mededingend landskap.
  • Bring ʼn hoë vlak van professionalisme en integriteit tot ʼn besigheid.

    Bestuursrekeningkundige gaan nie daaroor om rekord van die verlede te hou, soos wat finansiële rekeningkunde doen nie. Bestuursrekeningkunde fokus eerder op die toekoms; beïnvloed en vorm strategieë en die ontwikkeling van besigheidspotensiaal. Bestuursrekeningkundiges is dikwels by vooruitskatting en begroting, kostebeheer, risiko-assessering en projekbestuur betrokke. Hulle stel nie rekening op of oudit rekeninge nie, hulle fokus slegs op die assessering van die unieke besigheidsomgewing. Dit gaan nie oor ʼn syfervretery nie!
     
  • Buiten sterk rekeningkundige grondslae, leer CIMA strategiese besigheid en bestuursvaardighede:
  • Analise- hulle analiseer inligting en gebruik dit om besigheidbesluite te neem.
  • Strategie- hulle formuleer besigheidstrategieë en skep welstand en aandeelhouerwaarde.
  • Risiko- hulle identifiseer en bestuur risiko.
  • Beplanning- hulle pas rekeningkundige tegnieke op beplanning en begroting toe.
  • Kommunikasie- hulle besluit watter inligting bestuur nodig het en verduidelik die syfers aan nie-finansiële bestuurders.

     

    CIMA logo
    Image by: https://commons.wikimedia.org/w/index.php?curid=109628851

Stellenbosch Universiteit bied die volgende roete om ʼn Geoktrooieerde Bestuursrekeningkunde te raak:

  • BCom (Bestuursrekeningkundige) (3 jaar)
  • BCom Honneurs  (Bestuursrekeningkundige) (1 jaar)
  • Kwalifiserende eksamens deur CIMA
  • Drie jaar relevante werksondervinding in enige organisasie wêreldwyd 

Studente wat by Universiteit  Stellenbosch hul BCom Bestuursrekeningkunde of BComHons Bestuursrekeningkunde verwerf, word vrygestel van sommige van CIMA se kwalifiserende eksamens. ​

Studente kan ook die BCom Honneurs (Bestuursrekeningkundige) program volg nadat hulle BCom Finansiële Rekeningkunde) of BRekeningkunde studeer het, maar CIMA sal dalk moontlik minder vrystellings toeken. 

Die BCom (rigting Bestuursrekeningkunde)-graadkursus is primêr gerig op die onderrig van studente wat van voorneme is om as geoktrooieerde bestuursrekenmeesters te kwalifiseer. Vrystelling van vakke van The Chartered Institute of Management Accountants (CIMA), met hoofkantoor in Londen, word tans verkry deur persone wat in besit is van beide 'n BCom (rigting Bestuursrekeningkunde) van hierdie Universiteit én die Honneurs BCom-graad in Bestuursrekeningkunde deur hierdie Universiteit aangebied.

Die doelstellings met die BCom (rigting Bestuursrekeningkunde)-graadkursus behels die volgende:

  • Om die basiese inhoud van die leerplan van die geoktrooieerde bestuursrekenmeestersberoep, soos vasgestel deur CIMA, aan te spreek.
  • Om die studiemateriaal so aan te bied dat onafhanklike en konstruktief-kritiese denke by studente aangewakker word.
  • Om by studente vanaf die eerste jaargang die deugde van integriteit, 'n verantwoordelikheidsin en 'n positiewe gesindheid, wat noodsaaklik is vir 'n latere professionele loopbaan, in te skerp.

Die formele toelatingsvereistes is in die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe Jaarboek beskikbaar.

Inligting oor gelde vir Internasionale Studente ​: Volh asb hierdie skakel
 

Enige verder navrae met verwysing na die BCom (Bestuursrekeningkundige) of BCom Honneurs (Bestuursrekeningkunde-) programme kan aan die programleier, mnr. Roelof Baard gerig word.  

Tel: +27 (0)21 808 3470

Epos:  [email protected]  

Privaatsak X1, Matieland, 7602

Van der Sterr gebou, Victoria Straat, Stellenbosch, 7600
 

Die prospektus lys al Stellenbosch University se voorgraadse en nagraadse programme en stel gebruikers in staat om na programme te soek deur sleutelwoorde of ’n reeks filters te gebruik, soos beroepe, studietydperk en programtipe. Besoek die nuwe prospektus hier: Voorgraads | Stellenbosch University