Skip to main content
Sedimentary rocks of the West Congo Belt hold hidden ore resources for metals like copper, zinc, and vanadium.
Image by: Yann Mpaka

Sedimentary rocks of the West Congo Belt hold hidden ore resources for metals like copper, zinc, and vanadium.

Natuur- en wiskundige wetenskappe

Navorsingstoekenning sal krities belangrike mineraalpotensiaal in Sentraal-Afrika ontsluit

Wiida Fourie-Basson
Media officer
17 November 2025
  • Afrika is ’n belangrike baanbreker in die soeke na “goen metale”, maar daar is tot nog toe min studies daaroor gedoen.
  • Navorsingstoekenning sal die ontwikkeling van ’n omvattende metallogeniese raamwerk vir die Wes-Kongo-gordel moontlik maak.
  • Bevindinge sal verreikende implikasies inhou vir belangrike mineraaleksplorasie regoor Afrika

’n Groot nuwe navorsingsinisiatief sal lig werp op een van Afrika se belowende mineraalryke provinsies, die Wes-Kongo-gordel (WKG), waaroor daar nog min navorsingsdata beskikbaar is. Hierdie gebied strek oor meer as 1 400 km tussen Gaboen en die noorde van Angola.  

Namate die wêreldwye vraag na “groen metale” soos koper, gedryf deur hernubare energietegnologieë en batteryberging toeneem, het die dringende soeke na nuwe en volhoubare minerale hulpbronne ook toegeneem.  

Alhoewel Afrika ’n belangrike baanbreker in die eksplorasieveld is, is daar nog min studies gedoen oor baie van sy sedimentêre komme, insluitend die Wes-Kongo-gordel (WKG) – veral in vergelykig met die welbekende Katanga-kopergordel, die wêreld se rykste koper-kobaltprovinsie.  

Deur ’n vennootskap tussen UNESCO en die Internasionale Unie vir Geologiese Wetenskappe (IUGW), sal ’n diverse Afrika span geowetenskaplikes die geologie en vroeëstadium-geometallurgie van mineraalafsettings in die WKG ondersoek. Dit is een van slegs drie projekte wat uit 313 aansoeke uit 45 Afrikalande gekies is.

Volgens dr. Yann Mpaka, mede-hoofondersoeker en van die Universiteit van Kinshasa, sal hul navorsing veldgeologie, geochemie en strukturele analise integreer ten einde ’n omvattende metallogeniese raamwerk vir die Wes-Kongo-gordel te ontwikkel. 

“Deur te verstaan hoe hierdie neerslae gevorm het, kan ons toekomstige eksplorasie beter beplan en help om die streek se potensiaal te ontsluit op ’n wyse wat plaaslike ekonomieë sal bevoordeel en globale volhoubaarheidsdoelwitte ondersteun,” voeg hy by.

“Die projek sal die prosesse van mineralisasie, gestruktureerde evolusie, en vloeistof-rots-interaksie ondersoek wat die vorming van koper-, lood-, sink-, yster-, en vanadium-afsettings beheer het. Deur geologiese kartering met mineraalchemie en isotoop-analises te koppel, sal hulle die streeksmetalogeniese model kan verfyn,” verduidelik dr. Mpaka.

Mede-hoofondersoeker, prof. Bjorn von der Heyden, sê hulle is opgewonde om te sien dat hierdie projek sy doelwitte bereik om die standaard van plaaslike geowetenskap en geometallurgie te verbeter, deur middel van suid-suid-samewerking. Hy is ook medevoorsitter van die African Rainbow Minerals-leerstoel in Geometallurgie aan die Universiteit Stellenbosch. 

“Die projek sal geleentheid bied vir vaardigheidsoordrag, en die breër uitkomste sal implikasies hê vir volhoubare en inklusiewe groei wat deur die mineraalsektor gedryf word,” voeg hy by.

“Na verwagting sal die bevindinge verreikende implikasie hê vir belangrike mineraaleksplorasie regoor Afrika en sal dit die Wes-Kongo-gordel as ’n kernteiken  posisioneer in die wêreldwye soeke na die volgende generasie groen metaalafsettings,” sluit hulle af. 

Volg die projek op Linkedin

Verwante stories