2de Universiteit Stellenbosch Voorgraadse Navorsingskonferensie
Kontakbesonderhede
Na die suksesvolle afloop van die eerste voorgraadse navorsingskonferensie in 2024, nooi ons jou graag uit na die tweede Voorgraadse Navorsingskonferensie in November 2025. Ten spyte van wesenlike uitdagings soos onvoldoende befondsing en groot klasse, is daar bewese voordele vir studente wat aan voorgraadse navorsing blootgestel word. Die idee om aan werklike of outentieke navorsing deel te neem, en die sosialiseringsproses om 'n "navorser" te word, het 'n positiewe uitwerking om studente vir nagraadse studies te motiveer. Daarbenewens het studente meer vertroue in hul eie werk, kry hulle 'n geleentheid om hul professionele netwerk te vergroot, en neem hulle eienaarskap van hul werk. Voorgraadse navorsing behoort 'n integrale deel van die voorgraadse student se akademiese ervaring te wees.
Verskeie departemente, institute en programme by die US onderneem voorgraadse studenteprojekte, Honneursprojekte of vierdejaarprojekte. Meeste van hierdie projekte berus op die innoverende en oorspronklike denke van die student. Met hierdie konferensie wil ons graag meer blootstelling aan hierdie studente bied. Dosente kan studente nomineer om deel te neem of net by te woon.