Skip to main content

Nuuskierigheid oor lig lei tot PhD in fisika

Dr Anneke Erasmus is een van ses vroue wetenskaplikes om hul doktorsgrade in Fisika tydens die Universiteit Stellenbosch se Maart gradeplegtigheid te ontvang. Sy het verskeie terugslae beleef, waaronder beurtkrag en ’n gebarste waterpyp, tydens die eksperimentele opstelling van optiese vasvanging – ’n tegniek waarin lasers gebruik word om mikroskopies klein partikels in plek te hou.

Fisika nagraadse studente raap 5 van die 10 toekennings op by ICO-26

​Nagraadse student van die Universiteit Stellenbosch (US) se Departement Fisika het met vyf van die tien studentetoekennings weggestap tydens die onlangse 26ste...

Muon-detektor van IP2I sal kosmiese straal-navorsing by US en UWK ’n hupstoot gee

​Voorpunttegnologie in die vorm van 'n muon-detektor op lening van die Institute of Physics of the Two Infinities (IP2I) in Lyon, Frankryk, sal kosmiese straal...

Diep ondergrondse laboratorium sal ’n eerste vir Afrika wees

​Afrika kan binne die volgende vyf tot tien jaar sy eerste diep ondergrondse wetenskapslaboratorium hê met die totstandkoming van die Paarl Africa Underground...

Die wetenskaplikes (en die wetenskap) agter Suid-Afrika se eerste kwantumsatellietverbinding met China

18:30
19:30
Konservatorium
Ontmoet die fisici agter die wêreld se langste interkontinentale ultraveilige kwantumsatellietverbinding tydens ons eerste Science Café Stellenbosch by Woordfees 2025
Subscribe to