Skip to main content

Watertegnologie

ProEng-Website-Research-WT-Banner-1.png

Water van voldoende gehalte is 'n noodsaaklike hulpbron vir menslike ontwikkeling, nywerheid en landbou. Terwyl water in die verlede volop was, het vinnige verstedeliking, bevolkingsgroei, industrialisering en besoedeling deur informele ontwikkelings en omgewingskadelike praktyke aansienlike druk op bestaande waterbronne geplaas.

Die gekombineerde gevolge van globale klimaatsverandering en bevolkingsgroei, wat lei tot verminderde reënval in sekere gebiede en 'n algemene toename in waterverbruik, vererger hierdie probleem. Gevolglik word die voorsiening van water van voldoende gehalte wêreldwyd as 'n groot ontwikkelingsuitdaging erken.

Die Watertegnologiegroep in die Departement Chemiese Ingenieurswese fokus op navorsing en ontwikkeling om beide plaaslike en internasionale uitdagings in waterbehandeling en -voorsiening aan te spreek. Ons doelwit is om bestaande waterbehandelingstegnologieë te verbeter en nuwes te ontwikkel wat sal help om hierdie globale probleem aan te pak. Ons sterk punte lê in membraantegnologie vir waterbehandeling en hergebruik (insluitend mikrofiltrasie, ultrafiltrasie, omgekeerde osmose, voorwaartse osmose, membraandistillasie en Donnan-dialise), sowel as in tegnologieë wat toepaslik en volhoubaar is in ontwikkelende ekonomieë.

Ons huidige projekte wissel van die ondersoek en modellering van fundamentele verskynsels tot die ontwikkeling van tegnologieë vir veldimplementering.

Ons navorsings belangstellings gebiede sluit in:
  • Innoverende water ontsmettings tegnologieë
  • Tegnologie-ontwikkeling oor voorwaartse osmose, membraandistillasie en Donnan-dialise
  • Drinkwatervoorsiening, met 'n besondere fokus op tegnologieë vir ontwikkelende ekonomieë en landelike gemeenskappe
  • Herwinning en hergebruik van mynafvalwater, industriële afvalwater, landbouverwerkingsafvalwater en visserybedryf-afvalwater
  • Membraanbioreaktore
  • Die Universiteit Stellenbosch het onlangs, in samewerking met Fraunhofer-Gesellschaft (Fraunhofer), die Fraunhofer Innovasieplatform vir die Water-Energie-Voedsel-Nexus (FIP-WEF@SU) gestig. Baie opwindende watertegnologie-verwante navorsings projekte word as deel van hierdie samewerking gedryf.

Navorsers

Prof Tobi Louw
Prof Lingam Pillay