Oor hierdie fakulteit
Wat beteken dit om mens te wees in ’n veelvormige en verweefde wêreld? Dít is een van die kernvrae wat ons aan die Fakulteit Lettere en Sosiale Wetenskappe ondersoek, terwyl ons terselfdertyd die unieke bydrae van elke lid van ons gemeenskap waardeer en vier. Ons verken menslike gedrag, kommunikasie, kreatiwiteit en die maniere waarop mense saamleef, en ondersoek hoe die verlede ons hede beïnvloed en rigting gee aan ’n meer regverdige toekoms.
In ons uitgebreide reeks geesteswetenskaplike programme ontwikkel en verfyn jy jou kritiese en analitiese vermoëns, terwyl jy ook ruimte kry om jou idees te verken en jou passies na te streef. Hier is elke stem van waarde, en saam bou ons aan kennis wat werklik saak maak.


Ons onderskeidende kenmerke

Ons navorsing

Ons sosiale impak
Hoekom 'n BA-graad?
Ons sosiale en politieke wêreld, ons omgewing en die wêreld van werk verander vinnig. Om die onsekerhede en dubbelsinnighede van die hede en toekoms die hoof te bied, benodig ons kenniswerkers wat in staat is om komplekse vraagstukke te verstaan en op te los, data te interpreteer en te analiseer, oplossings te bedink en te skep, en betekenis te vind in ons nuwe wyses van leef. ’n BA-graad berei jou nie vir ’n enkele loopbaanpad voor nie: dit rus jou toe met die fundamentele kennis en analitiese denkvaardighede wat hoog geag word in ’n wye verskeidenheid werksplekke, en wat buigsame loopbaanweë moontlik maak. Jy kan verwag om ’n afgeronde opvoeding te ontvang wat jou in staat sal stel om te leer, te groei en as persoon te floreer.
Fakulteitsverhale
Ontdek verhale van ons strewe na betekenisvolle oplossings, die bou van leergemeenskappe wat die nuutste tegnologieë benut, en ons uitsonderlike mense.
No content found.