Breadcrumb
Studeer by ons
Verlengde graadprogramme
Die Fakulteit bied studente ook die moontlikheid om ’n drie jaar lange graad oor vier jaar te doen. Dit is bekend as die verlengde graadprogram (VGP).
Hoe kwalifiseer ek om die VGP-roete te volg?
As jy die VGP-roete wil volg en jou graad oor vier jaar voltooi, moet jy aan al drie die volgende vereistes voldoen:
- Jy moet toelating hê om vir ’n baccalaureusgraad te studeer.
- Jy moet ’n gemiddelde NSS-punt van 60–62,9% hê (wat Lewensoriëntering uitsluit).
- Jy moet aan die toelatingsvereistes voldoen van die spesifieke program wat jy wil volg.
Ons kyk ook na faktore soos historiese benadeling, jou ouer(s) of voog(de) se inkomste, jou skoolkwintiel, en die getal beskikbare plekke
Sê nou ek het nie toelating nie?
Gestel jy is ’n graad 12-leerder wat in 2022 voorlopig tot die drie jaar lange hoofstroomprogram toegelaat word, maar dan nie aan die vereistes van die hoofstroomprogram voldoen wanneer die NSS-uitslae in 2023 gepubliseer word nie, kan jy me Cheryl Richardson by [email protected] kontak en vra dat ons jou vir die VGP oorweeg. Ons sal dieselfde toelatingsvereistes as hierbo gebruik wanneer ons jou versoek oorweeg.
Kan ek die VGP-roete vir alle graadprogramme in die Fakulteit volg?
Die VGP is nie ’n moontlikheid vir die volgende graadprogramme nie:
- BA in Drama- en Teaterstudie
- BA in Regsgeleerdheid
- BA in Musiek
- Baccalaureus in Musiek
- BA in Politieke, Filosofiese en Ekonomiese Studie
- BA in Maatskaplike Werk (vanaf 2023)
- BA in Visuele Kunste
Wie kan ek kontak met vrae oor die VGP?
Ms Khanyisa Xinwa
Studentesteunkoördineerder in die Fakulteit Lettere en Sosiale Wetenskappe
Stuur e-pos
Tel: 021 808 2081