Skip to main content
Photo by Cheryl McEwan

Undergraduate

Filosofie as ʼn voorgraadse vak

Filosofie kan in talle van die voorgraadse graadprogramme van die Fakulteit Lettere en Sosiale Wetenskappe as ʼn vak geneem word. As jy filosofie op nagraadse vlak wil studeer, sal dit ʼn hoofvak in jou voorgraadse graad moet wees.

Daar is meer inligting omtrent die graadprogramme wat filosofie as vak aanbied in die Fakulteit se Jaarboek.

Klik die onderstaande skakel vir meer oor die inhoud van die voorgraadse modules.

undergrad-students

Voorgraadse filosofiemodules

  • Sistematiese studie van die aard, metodes en doelwitte van filosofie as ʼn eiesoortige dissipline
  • Grondkonsepte van logika (waarheid, geldigheid, gegrondheid, deduktiewe en induktiewe redenering, die beginsel van nieteenstrydigheid, logiese vorm en grondpatrone in redenering, ens.)
  • Betekenis en taalgebruik; dispute en definisies; hoe om denkfoute te herken; die manipulasie van taal en betekenis; retoriese strategieë
  • Oefeninge in die ontleding van redenering
  • Die Griekse Verligting en die mees prominente Antieke Griekse filosowe, veral Sokrates, Plato en Aristoteles
  • Die ontmoeting van Griekse en Joods-Christelike denke in die Laat Oudheid
  • Die aard van morele probleme en ʼn oorsig van belangrike benaderings tot morele redenering (bv. konsekwensialisme, reëlmoraliteit, menseregte, deugsaamheidsetiek)
  • Sistematiese studie van vrae wat met die filosofie van godsdiens, die filosofie van die bewussyn en/of toegepaste etiek verband hou
  • Let wel: Twee van die drie subdissiplines sal in enige gegewe jaar onderrig word.
  • Sistematiese studie van vrae wat met die filosofie van godsdiens, die filosofie van die bewussyn en/of toegepaste etiek verband hou
  • Let wel: Twee van die drie subdissiplines sal in enige gegewe jaar onderrig word.
Die fokus van hierdie module is die konseptualiserings van betekenis in die werke van De Saussure, Foucault en Derrida. Die etiese en politieke implikasies van hierdie posisies sal ook oorweeg word.
  • Fenomenologie as filosofiese metode en hoe dit met eksistensialisme verband hou (ook eksistensiële fenomenologie)
  • Sentrale temas en idees in die werke van filosowe soos Edmund Husserl, Martin Heidegger, Maurice Merleau-Ponty en Jean-Paul Sartre

Hierdie module sal die student aan die hedendaagse filosofie van ras bekend stel. Fokusgebiede in hierdie module kan die metafisika van ras insluit, wat besondere aandag skenk aan die verskille tussen realistiese en teenrealististiese sienings, sowel as deflasionisme omtrent ras. Hierdie module sal die student bekend stel aan debatte oor die gebruik van rasseterminologie in sosiale, wetenskaplike en politieke opsette. Die module is daarop gemik om aan die student ʼn stewige grondslag te bied vir begrip van die debatte oor die aard van ras in die sosiale en natuurwetenskappe, met inbegrip van hoe hierdie debatte oorvloei na rasgebaseerde probleme in die alledaagse lewe.

Hierdie module bied ʼn bekendstelling aan filosofiese stemme, outeurs en vraagstukke buite die hoofstroom. Dit ondersoek krities die fondamente, grense, hoofvrae en die kanon van die dissipline, met inbegrip van hoe dit met ander dissiplines en skryfstyle verband hou. Kritiese filosofiese geskrifte wat uit die marges en verskuiwingslyne van die tradisionele dissipline ontspruit, soos swart feministiese, kritiese regs- en kritiese sosiale teoretiese, Afrika- en Africana-, en dekoloniale tekste sal bestudeer word. Outeurs kan vakkundiges soos Theodor Adorno, Lewis Gordon, bell hooks, Emmanuel Levinas, Christina Sharpe, Frantz Fanon, Nelson Maldonado-Torres, Adriana Caverero, SanyaOsha, Achille Mbembe en Sundhya Pahuja insluit.

Die oorsprong van analitiese filosofie en filosofiese logika (Moore, Russell, Frege, Wittgenstein) word verken. Temas kan die volgende insluit:

  • Logiese positivisme (bv. Schlick, Carnap, Neurath, Feigl, Waismann, Ayer)
  • Linguistiese ontleding/filosofie van gewone taal (bv. Wittgenstein, Ryle, Austin)
  • Wetenskaplike naturalisme (bv. Quine)
  • Filosofiese logika en die begrip van modaliteit (bv. Kripke, Putnam)
  • Filosofie van die bewussyn: die ontleding en evaluering van funksionalisme (bv. Ryle, Putnam, Dennett, Searle, Chalmers)

Temas soos die aard en regverdiging van die staat, die sosiale kontrak, die bronne van politieke legitimiteit, en die aard van en voorwaardes vir vryheid word ondersoek. Morele beginsels vir die distribusie van voordele en laste onder die lede van ʼn samelewing; bv. billikheid, gelykheid, vryheid, verdienste, behoefte, kommunaliteit of welstand, word verken. Probleme wat met armoede, ongelykheid en die eienaarskap van eiendom verband hou, word ondersoek.

Diensmodules in die Fakulteit Ingenieurswese

Kultuur en tegnologie, toegepaste etiek, sosiale filosofie; die Ingenieursweseraad van SA (ECSA) se gedragskode vir beroepslui; gevallestudies van tipiese situasies uit die ingenieurspraktyk, met inbegrip van die sosiale, werksplek- en fisiese omgewing

Kultuur en tegnologie, toegepaste etiek, sosiale filosofie; die Ingenieursweseraad van SA (ECSA) se gedragskode vir beroepslui; gevallestudies van tipiese situasies uit die ingenieurspraktyk, met inbegrip van die sosiale, werksplek- en fisiese omgewing