Stellenbosch Socratic Journal
Die Stellenbosch Socratic Journal is ʼn gerefereerde publikasie wat ten doel het om voorgraadse en nagraadse kritiese denkers aan te spoor om hulle perspektiewe in ʼn formele akademiese opset te deel. Die vaktydskrif word deur studente bedryf, wat die unieke uitdagings verstaan waarvoor jong akademici en navorsers ten opsigte van hulle stemme laat hoor, te staan kom. Die vaktydskrif bied dus ʼn platform vir interstudentemedewerking, waar nuwe idees in ʼn kritiese, dog ondersteunende, omgewing ontwikkel en gekoester kan word.
Die span agter die Stellenbosch Socratic Journal bestaan uit nagraadse studente met ʼn groot verskeidenheid filosofiese spesialiserings. Die pligte van hierdie raad wissel van seker maak dat alle voorleggings betyds gerefereer word, tot die kies van referate vir finale publikasie. Kontak gerus [email protected] met enige navrae of besware oor die vaktydskrif.
Onlangse Publikasies
Voorlegging
Algemene Vereistes
- Voorleggings moet anoniem wees; d.w.s. die referaat moet geen identifiseerbare inligting oor die outeur bevat nie. As die referaat aanvaar word (gewoonlik slegs ná hersiening), moet die outeur weer die anonimiteit uit die referaat haal.
- Referate moet ʼn opsomming van 150 tot 250 woorde insluit.
- Referate moet in MS Word-formaat, lettergrootte 12, Times New Roman, 1.5 reëlspasiëring, en gejusteer ingedien word.
- Opskrifte moet van die desimale stelsel gebruik maak.
- Referate moet ʼn bronnelys in alfabetiese volgorde volgens die Stellenbosch Harvard-styl en inteksverwysings bevat. [Dit wil sê, inteksverwysings lyk só: (Author, 2022:123).]
- Die referaat moet die oorspronklike werk van die outeur wees en mag nie in enige ander vaktydskrif of publikasie verskyn het nie.
- Die referaat moet handel oor ʼn onderwerp wat filosofies tersaaklik en interessant is.
- Die referaat moet tussen 1 500 en 5 000 woorde lank wees.
Spesiale vereistes vir derdejaarstudente
- Daar moet aan al bogenoemde vereistes voldoen word.
- Die referaat moet ʼn aanpassing wees van ʼn opstel/opdrag wat vir ʼn filosofiemodule aan die Universiteit Stellenbosch ingedien is.
- Die opstel/opdrag moet ʼn finale punt van 80%+ behaal het om te kwalifiseer.
Kontak
E-pos: [email protected]