Sentrum vir Toegepaste Etiek NGDip in Toegepaste Etiek
Vrae wat dikwels gevra word
Dankie vir jou belangstelling in die NGDip (Toegepaste Etiek)-program.
Hier onder word inligting verskaf oor vrae wat dikwels gevra word:
- 1. Hoe kan ek om toelating tot die program aansoek doen?
- 2. Wat is die sluitingsdatum vir aansoeke?
- 3. Wat kos die program?
- 4. Ek is nie seker of ek vir die NGDip (Toegepaste Etiek) kwalifiseer nie. Kan iemand dalk help?
- 5. Wanneer sal ek weet of my aansoek geslaag het?
- 6. Is die kontak- onderrigsessies verpligtend?
Klik asseblief die volgende skakel om aansoek te doen: https://student.sun.ac.za/
Vir internasionale studente is die sluitingsdatum 30 September.
Vir Suid-Afrikaanse studente is die sluitingsdatum 31 Oktober.
Vir ʼn pro forma-faktuur, klik asseblief op die volgende skakel: https://web-apps.sun.ac.za/student-fees-estimate/#/home
Jy kan die programkoördineerder (Prof Minka Woermann – [email protected]) kontak. Stuur asseblief jou volledige akademiese transkrip saam met jou navraag, sodat sy advies kan lewer. Let asseblief daarop dat geen aansoeker aanvaar sal word voordat die keuringsproses afgehandel is nie.
Kontaksessies is verpligtend. Jy sal nie toegelaat word om met die program voort te gaan as jy nie die kontaksessies kan bywoon nie. Let asseblief daarop dat alle kontaksessies in persoon sal geskied.