PhD
Toelatingsvereistes
Hoe om aansoek te doen
Studente wat daarin belangstel om aansoek om toelating tot die PhD in filosofie te doen, moet eers ʼn moontlike studieleier op hulle belangstellingsgebied identifiseer. Daar is individuele navorsingsprofiele op ons personeelblad wat jy kan besigtig. Wanneer jy ʼn moontlike studieleier uitgeken het, nader hulle asseblief met ʼn aanvanklike verklaring van belangstelling, saam met die volgende:
- Jou curriculum vitae
- Bewys van grade en punte behaal
- ʼn Voorbeeld van jou akademiese skryfwerk (artikel in gerefereerde vaktydskrif of hoofstuk uit jou MA-tesis)
- ʼn Kort oorsig van jou voorstel – nie meer as twee bladsye nie. Hierdie oorsig moet jou tesisstelling, ʼn kort opsomming van jou voorgenome argument, en ʼn aanvanklike bronnelys bevat. Die doel van hierdie oorsig is om ons te help om vas te stel of jou navorsingsbelangstelling met een van ons kundigheidsgebiede strook en of jy jou veld goed genoeg verstaan om PhD-navorsing te kan onderneem.
- Jy kan ook om akademiese verwysingsbriewe gevra word. Jy hoef dit nie by jou aanvanklike toenadering tot ʼn moontlike studieleier in te sluit nie, maar jy kan gevra word om dit op ʼn later stadium te verskaf.
As jy die groen lig kry, kan jy ʼn formele aansoek via die Universiteit se toelatingsportaal by hierdie skakel indien.
Wanneer jy voorlopig vir die PhD-program aanvaar is, sal jy met jou studieleier saamwerk om ʼn formele PhD-voorstel te ontwikkel – ʼn proses wat gewoonlik drie tot ses maande duur. Wanneer die voorstel goedgekeur is, sal jy aan die PhD-proefskrif self kan begin werk.
Sperdatum vir aansoeke
Navrae
Kontak gerus vir dr Andrea Palk by [email protected] met enige verdere navrae.