Skip to main content

Kollokwium

Oor die Kollokwium

Die Kollokwium van die Departement Afrikaans en Nederlands is 'n tweejaarlikse openbare besprekingsgeleentheid waar een of ander relevante kontemporêre kwessie geopper word. Die doel daarvan is om veral studente die kans te gee om deel te neem aan 'n vorm van ingeligte, openhartige en verkennende dialoog. Na ons mening voldoen ons daardeur aan 'n toenemend dringende behoefte aan die ontwikkeling van 'n kritiese bewustheid van kontemporêre diskoerse en betwiste kwessies, dikwels met verwysing na die rol van letterkunde en ander artistieke vorme in ons komplekse samelewing. Die geleenthede dien ook om die idee te vier dat dit moontlik is om oor enige moeilike saak met 'n soort informele grasie te praat, terwyl selfrespek, respek vir ander en 'n lewendige, geesdriftige retoriese styl gehandhaaf word. Ons genooide gaste kom uit 'n wye spektrum van skrywers, denkers, musikante en aktiviste van binne en buite die Universiteit van Stellenbosch. Die formaat wissel van aanbiedings, lesings, paneelbesprekings en uitgebreide persoonlike onderhoude.

Vorige en komende kollokwims: