Gids vir personeel
Toegang
Alle biblioteke van die Biblioteek- en Inligtingsdiens is toeganklik vir alle studente van die Universiteit. Toegang tot die Universiteit Stellenbosch Biblioteek en die takbiblioteke benodig die skandering van 'n geldige US-studentekaart. Geen eet- of drinkgoed word toegelaat nie. Slegs water in morsvrye houers.
Geen toegang sonder 'n geldige studentekaart. Sien Biblioteekure.
Uitleenvoorregte
Dosente:
- Aantal lenings: 30 items
- Uitleenperiode: 90 dae per item
- Hernuwings: 2 per item (binne maksimum hernuwingsperiode van 270 dae) behalwe as iemand anders dit bespreek het.
Ander personeel:
- Aantal lenings: 15 items
- Uitleenperiode: 30 dae per item
- Hernuwings: 2 per item (binne maksimum hernuwingsperiode van 90 dae) behalwe as iemand anders dit bespreek het.
Alle personeel:
- Hernuwings: Hernu aanlyn of vra 'n personeellid.
In persoon, doen navraag by Kliëntediens in die US Biblioteek of die uitleentoonbank van enige van die takbiblioteke. - Terugbesorgings: By Kliëntediens in die US Biblioteek of die uitleentoonbank van enige van die takbiblioteke. Boeke kan terugbesorg word deur dit in die boekposbusse by die biblioteekingange te plaas.
- Bespreek boeke wat uitgeleen is: Gratis en sonder beperking.
Bespreek aanlyn of vra 'n personeellid.
In persoon, doen navraag by Kliëntediens in die US Biblioteek of die uitleentoonbank van enige van die takbiblioteke. - Uitleenbare materiaal: Alle items gemerk "Loanable"
- Verlore/beskadigde boeke: Vervangingswaarde betaalbaar aan die Biblioteek- en Inligtingsdiens
Dienste
Inligtingsdiens en navorsingsondersteuning
Die volgende biblioteekgidse kan geraadpleeg word:
- Find, access and use information effectively: a step by step guide
- The research process
- Referencing
- EndNote
- Vakgidse gee toegang tot vakspesifieke bronne en navorsingswenke van toepassing op die vakgebied.
Biblioteekoriëntering en -opleiding
Raadpleeg die volgende opleidingskalenders:
'n Ander opsie is om vir 'n persoonlike opleidingsessie te vra -
maak 'n afspraak met jou Fakulteitsbibliotekaris.
Vind boeke, artikels en ander inligtingsbronne
Gebruik die soekfunksie op die biblioteektuisblad of kies Databasisse of E-tydskrifte vanaf die VIND-spyskaart.
Aanwysings is beskikbaar by Find, access and use information effectively: a step by step guide.
Gebruik jou US-netwerkgebruikersnaam (NIE e-posadres nie) en -wagwoord om afkampus in te teken.
Vind jou pad deur die biblioteek:
- Universiteit Stellenbosch Biblioteek : Vloerplan
Interbiblioteeklenings
Items wat nie in enige van die US-biblioteke beskikbaar is nie, kan van 'n ander biblioteek aangevra word. Sien Interbiblioteeklenings.
Reserwe
Die reserwediens verskaf vir kort periodes toegang tot materiaal wat dikwels gebruik word, ten einde te verseker dat dit vir 'n groot groep kliënte toeganklik is. Sien Reserwe-riglyne vir doserende personeel.
Ander dienste
'n Aanlyn inligtingsdiens is beskikbaar by "Vra 'n bibliotekaris" (Ask a Librarian) of maak 'n afspraak met jou fakulteitsbibliotekaris.
Personeel en studente kan by enige veilige drukker in die biblioteek druk, kopieer en skandeer deur jou studente-/personeelkaart te gebruik. Sien Druk, kopieer en skandeer.
Jy kan ook druk, kopieer of skandeer deur die Maties Copy and Print winkel in die Neelsie Studentesentrum te gebruik.