Die Universiteit Stellenbosch is tans besig met die hersiening van die MIV/Vigs-beleid vir Studente en Personeel en die beleid oor Onbillike Diskriminasie en Teistering. Ons doen 'n beroep op die US-personeel en studentegemeenskap om insette te lewer en u terugvoer en siening oor hierdie belangrike beleide met ons te deel.
Die beleide is in Engels en Afrikaans beskikbaar vir maklike verwysing. Klik op die beleid se naam en u sal direk daarna herlei word.
Terugvoering oor die beleide kan aan Ryan van der Poll gestuur word by [email protected] of Nadine Christians by [email protected]. In u terugvoer moet u asseblief die bladsynommer, afdeling en klousule waarna u verwys, insluit. Die sperdatum vir terugvoer is Maandag 17 Mei 2021.
Ons sien uit na u insette, insig en terugvoer en moedig die US-gemeenskap aan om hierdie beleide wat almal raak, te hersien.