Breadcrumb
Besoek die tuin
Die Botaniese Tuin is geleë in die historiese kern van Stellenbosch en is die oudste universiteits botaniese tuin in Suid-Afrika. Hierdie kompakte Tuin huisves 'n enorme verskeidenheid van plante, beide inheems tot Suid-Afrika en uitheems. Die Katjiepiering Restaurant bied 'n perfekte plek om te rus en die tuin te geniet, terwyl die winkel 'n wye verskeidenheid plaaslike en streekprodukte bied. Besoek ook ons Plantverkope-area waar u van die pragtige plante wat in die tuin gekweek word, te koop kan vind.
Openingsure:
- Somer: elke dag (Maandag tot Sondag), Publieke vakansiedae ingesluit, behalwe Nuwejaarsdag en Goeie Vrydag, 08:00-17:00.
- Winter (21 Junie - 15 Augustus), elke dag (Maandag to Sondag), 09:00-16:00.
Toegang:
- Toegang is R15, en R10 vir seniors
- Jaarlikse toegangskaarte beskikbaar teen afslagpryse
- Gratis toegang vir US-studente en personeel
- Groter groepe is welkom met vooraf reëlings
- Kinders slegs onder toesig
- Geen fotosessies sonder vooraf reëling nie, professionele fotos-sessies is onderhewig aan 'n fooi.
Parkering:
Die Botaniese Tuin het nie 'n toegewyde parkeerterrein vir besoekers nie, maar 'n munisipale parkeerarea is aangrensend aan die tuin in Van Riebeeckstraat en daar is ook parkeerplek in die strate rondom die tuin beskikbaar.
Reëls
Vermy die volgende:
- Pluk van plante, raak aan plante in potte of skuif plant-etikette
- Rook, e-sigarette of gebruik van alkohol in die tuin
- Vang of raak aan enige wild in die tuin
- Speel van musiek
- Fietsry, skaats, balspeletjies of frisbee
- Loop in die blombeddings
- Ballonne of soortgelyke items in die tuin
- Enige stoele, tafels of gazebo's
Die volgende is toelaatbaar:
- Neem tyd om na die natuur rondom jou te bekyk, na te luister en te ruik
- Geniet 'n piekniek op die aangewese piekniek-area
- Neem foto's van ons pragtige tuin, maar let op: geen kommersiële of groepfoto's sonder 'n permit nie
- Lees die tekens - hulle is daar vir 'n rede
- Sit u rommel in 'n asblik
- Hou toesig oor kinders
- Stel vrae - ons personeel is hier om te help
- Respekteer ons personeel
Navorsing
Verskeie plante wat nie aangepas is aan Stellenbosch se klimaat nie word gehuisves in die Botaniese Tuin se glashuise. Die tropiese-glashuis en die twee ariede-glashuise is oop vir die publiek terwyl die tweede tropiese-glashuis alleenlik geopen word vir die publiek met spesiale geleenthede. Sommige van die orgideë en ander plante word egter gereeld vertoon aan die publiek in die tropiese-glashuis.
Navorsing
Die Universiteit Stellenbosch Botaniese Tuin huisves 'n verskeideheid van versamelings en individuele plante wat vir navorsing gebruik word. Die Botaniese Tuin verwelkom navrae van navorsers wat die versamelings en/of die Tuin vir navorsingsdoeleindes wil gebruik.