Skip to main content

Ondersteun die Stellenbosch Universiteit Botaniese Tuin

​Ondersteun ons deur die Tuin te besoek - die fooie vir enkele toegang en besoekerkaarte wat by die Botaniese Tuin se winkel beskikbaar is, ondersteun ons tuin- en bewaringswerk - sien Besoekersinligting vir meer inligting..

Donasies

Finansiële bydraes groot en klein ter ondersteuning van ons werk kan in die volgende rekening en kostepunt gedeponeer word:

Rekeningnaam: Stellenb​​osch UniversiteitStandard Bank 
Tak: Stell​enbosch​, takkode: 050610
Rekeningnommer: 073006955 
NB gebruik die volgende verwysing: Donasies CC-R5607​

Stuur asseblief die bewys van betaling aan [email protected]. Stellenbosch Universiteit kan 'n  18A Belastingsertifikaat op versoek uitreik vir donasies en skenkings.

Vrywilligers

Vrywilligers kan hulp te verleen met tuintake, aanwysingsborde, kommunikasie-inhoud en ander werk onderhewig aan die beskikbare tyd van ons span om toesig te hou en te ondersteun.​

As u wil betrokke raak, stuur 'n e-pos na [email protected] met die onderwerp-reël, "Navraag oor vrywilligers by SUBG".​


Vriende van die Botaniese Tuin

Oorweeg asseblief om die belangrike werk van die Botaniese Tuin te ondersteun deur 'n lid van die Vriende van die Botanies Tuin te word. Vriende kry nie net gratis toegang tot die Botaniese Tuin nie maar word ook op hoogte gehou van gebeure. Die Vriende ondersteun ook die Botaniese Tuin deur vrywilligerswerk en fondsinsameling.   

U kan aansluit by die Vriende deur 'n lidmaatskapkaart te koop by die Botaniese Tuin winkel:

 

Algemene lede (R50)

  • 365 besoeke aan die Botaniese Tuin (gaste onder begeleiding van Vriende kan toegang verkry – aftrekbaar van hul toegelate besoeke)
  • Ontvang uitnodigings na gebeure en praatjies

 

Ondersteunerslede (R500)

  • Onbeperkte besoeke (gaste onder begeleiding van Vriende kry gratis toegang)
  • Gratis parkering op publieke vakansiedae en naweke by die Ou Konservatorium
  • Ontvang uitnodigings na gebeure en praatjies
  • Ontvang uitnodigings na alle spesiale funksies

 

Stigterslede (R5000 eenmalig)

  • Lewenslange lidmaatskap
  • Onbeperkte besoeke (Gaste onder begeleiding van Vriende kry gratis toegang)
  • Gratis parkering op publieke vakansiedae en anweke by die Ou Konservatorium
  • Ontvang uitnodigings na gebeure en praatjies
  • Ontvang uitnodigings na alle spesiale funksies

 

Kontak [email protected] vir meer inligting.