Welkom by die Verantwoordelikheidsentrum: Studentedekaan (VS:SD), of wat ons eenvoudig Studentesake noem, by die Universiteit Stellenbosch. Ons sal saam met jou stap op jou universiteitsreis, jou akademiese sukses ondersteun, jou geleenthede bied vir persoonlike groei en leierskapontwikkeling, en jou koppel aan die korrekte dienste om jou holistiese welstand te verseker. Ons doelwit is om 'n inklusiewe en ondersteunende omgewing te skep waar jy as 'n leier kan groei, betekenisvolle verbindings kan bou en spesifieke gegradueerde eienskappe kan ontwikkel wat jou voorberei vir die lewe buite die US.
Ons werk
Die Verantwoordelikheidsentrum: Studentedekaan (VS:SD) ondersteun elke Matie regdeur hul universiteitsreis deur toesig te hou oor alle aspekte van Studentesake wat studente help om akademies, sosiaal en persoonlik te floreer. Deur die werk van die Sentrum vir Studentelewe en -leer en die Sentrum vir Studentevoorligting en -ontwikkeling, verskaf die VS:SD ontwikkelingsprogramme, ko-kurrikulêre leergeleenthede en welstandondersteuningsdienste wat persoonlike groei, leierskapontwikkeling en 'n sterk gevoel van behoort koester. Ons word gelei deur die US se verbintenis tot inklusiwiteit, welstand en studentesukses. Dit is hoekom ons verseker dat studente meer as net akademiese opleiding ontvang - hulle ervaar 'n volledige, afgeronde en ondersteunende universiteitsomgewing wat hulle toerus met spesifieke gegradueerde eienskappe wat nodig is om te floreer in hul studies, toekomstige loopbane en die breër samelewing.
Ons Sentra
Die Verantwoordelikheidsentrum: Studentedekaan (VS:SD) bestaan uit twee sentra - die Sentrum vir Studentelewe en -leer (SSLL), en die Sentrum vir Studentevoorligting en -ontwikkeling (SSVO). Hierdie twee sentra bied 'n omvattende ondersteuningstelsel om jou te help om akademies en sosiaal te floreer as 'n toekomstige leier in jou gemeenskap en verder.
Sentrum vir Studentevoorligting en -ontwikkeling (SSVO)
Die Sentrum vir Studentevoorligting en -ontwikkeling (SSVO) bestaan uit vier eenhede wat almal saamwerk om jou welstand en akademiese sukses te verseker. SSVO is jou staatmakerbron vir sielkundige, ontwikkelings- en steundienste wat ontwerp is om jou te bemagtig en te help sukses behaal.
Die vier eenhede in SSVO is:
- die Eenheid vir Akademiese Voorligting en Ontwikkeling (EAVO)
- die Eenheid vir Gestremdhede (EG)
- die Eenheid vir Psigoterapeutiese en Ondersteuningsdienste (EPOD)
- die Eenheid vir Graduandi-loopbaandienste (EGLD)
Sentrum vir Studentelewe en -leer (SSLL)
Die Sentrum vir Studentelewe en -leer (SSLL) skep holistiese leef- en leer-omgewings, hou toesig oor die kokurrikulêre programme vir koshuis- en pendelstudente, en kweek ’n waardesgedrewe omgewing binne hierdie studentegemeenskappe om studente as toekomstige Suid-Afrikaanse leiers te ontwikkel deur middel van ’n kultuur van voortgesette programme vir persoonlike en leierskapsontwikkeling. Die Sentrum ondersteun ook studentestrukture wat alle studente verteenwoordig en behartig die akkreditasie van die talle leierskapsontwikkelingsprogramme wat die US aanbied, onder andere.
Daar is vyf eenhede in die SSLL:
- Eenheid vir Pendelstudentegemeenskappe (EPSG)
- Eenheid vir Koshuis-studentegemeenskappe (EKSG)
- Eenheid vir Studenteregering (ESR)
- Eenheid vir Leierskap, Diversiteit en Inklusiwiteit (ELDI)
- Eenheid vir Ervarringgerigte Leer (EEL)
SSVO eenhede
Eenheid vir Akademiese Voorligting en Ontwikkeling (EAVO)
Die Eenheid vir Akademiese Voorligting en Ontwikkeling (EAVO) help jou om akademiese uitdagings aan te pak en jou akademiese vaardighede te verbeter. Die span bestaan uit opvoedkundige sielkundiges, ’n geregistreerde berader en sielkunde-interns.
Eenheid vir Gestremdhede (EG)
Die Eenheid vir Gestremdhede (EG) is hier om studente met gestremdhede te ondersteun. As jy raad oor akademiese steun, oplossings of toeganklike studiemateriaal vir jou unieke behoeftes nodig het, is ons daar. Die Eenheid se werksaamhede word gelei deur die US Beleid oor Gestremdheidstoegang.
Eenheid vir Psigoterapeutiese en Ondersteuningsdienste (EPOD)
Die lewe op universiteit kan soms nogal oorweldigend wees. Die Eenheid vir Psigoterapeutiese en Ondersteuningsdienste (EPOD) is hier om jou deur daardie uitdagende tye te help met die individuele en groepterapie wat ons verskaf en met ons werksessies. Ons sielkundiges en geregistreerde berader bied...
Eenheid vir Graduandi-Loopbaandienste (EGLD)
Wonder jy ooit wat voorlê nadat jy klaar studeer het? Die EGLD is jou gids om die oorgang van opvoeding na indiensneming, van boeke na die beroep, seepglad te laat verloop. Ons rus jou toe om sonder struikeling en met selfvertroue die oorgang na die werkswêreld te navigeer.
Top stories
Lees meer oor al die interessante dinge wat binne die Studentesake-ruimte gebeur.
No content found.