Skip to main content
Stefan Els

Studentesake

Studentesake ondersteun elke Matie regdeur hul universiteitsreis deur aan jou 'n volledige, afgeronde en ondersteunende universiteitsomgewing te voorsien wat jou sal toerus met spesifieke gegradueerde eienskappe om te floreer in jou studies, toekomstige loopbane en die breër samelewing.

Welkom by die Verantwoordelikheidsentrum: Studentedekaan (VS:SD), of wat ons eenvoudig Studentesake noem, by die Universiteit Stellenbosch. Ons sal saam met jou stap op jou universiteitsreis, jou akademiese sukses ondersteun, jou geleenthede bied vir persoonlike groei en leierskapontwikkeling, en jou koppel aan die korrekte dienste om jou holistiese welstand te verseker. Ons doelwit is om 'n inklusiewe en ondersteunende omgewing te skep waar jy as 'n leier kan groei, betekenisvolle verbindings kan bou en spesifieke gegradueerde eienskappe kan ontwikkel wat jou voorberei vir die lewe buite die US.

Ons werk

Die Verantwoordelikheidsentrum: Studentedekaan (VS:SD) ondersteun elke Matie regdeur hul universiteitsreis deur toesig te hou oor alle aspekte van Studentesake wat studente help om akademies, sosiaal en persoonlik te floreer. Deur die werk van die Sentrum vir Studentelewe en -leer en die Sentrum vir Studentevoorligting en -ontwikkeling, verskaf die VS:SD ontwikkelingsprogramme, ko-kurrikulêre leergeleenthede en welstandondersteuningsdienste wat persoonlike groei, leierskapontwikkeling en 'n sterk gevoel van behoort koester. Ons word gelei deur die US se verbintenis tot inklusiwiteit, welstand en studentesukses. Dit is hoekom ons verseker dat studente meer as net akademiese opleiding ontvang - hulle ervaar 'n volledige, afgeronde en ondersteunende universiteitsomgewing wat hulle toerus met spesifieke gegradueerde eienskappe wat nodig is om te floreer in hul studies, toekomstige loopbane en die breër samelewing.

Ons Sentra

Die Verantwoordelikheidsentrum: Studentedekaan (VS:SD) bestaan uit twee sentra - die Sentrum vir Studentelewe en -leer (SSLL), en die Sentrum vir Studentevoorligting en -ontwikkeling (SSVO).  Hierdie twee sentra bied 'n omvattende ondersteuningstelsel om jou te help om akademies en sosiaal te floreer as 'n toekomstige leier in jou gemeenskap en verder.

Sentrum vir Studentevoorligting en -ontwikkeling (SSVO)

Die Sentrum vir Studentevoorligting en -ontwikkeling (SSVO) bestaan uit vier eenhede wat almal saamwerk om jou welstand en akademiese sukses te verseker. SSVO is jou staatmakerbron vir sielkundige, ontwikkelings- en steundienste wat ontwerp is om jou te bemagtig en te help sukses behaal.  

Die vier eenhede in SSVO is:

  • die Eenheid vir Akademiese Voorligting en Ontwikkeling (EAVO)
  • die Eenheid vir Gestremdhede (EG)
  • die Eenheid vir Psigoterapeutiese en Ondersteuningsdienste (EPOD)
  • die Eenheid vir Graduandi-loopbaandienste (EGLD)

Sentrum vir Studentelewe en -leer (SSLL)

Die Sentrum vir Studentelewe en -leer (SSLL) skep holistiese leef- en leer-omgewings, hou toesig oor die kokurrikulêre programme vir koshuis- en pendelstudente, en kweek ’n waardesgedrewe omgewing binne hierdie studentegemeenskappe om studente as toekomstige Suid-Afrikaanse leiers te ontwikkel deur middel van ’n kultuur van voortgesette programme vir persoonlike en leierskapsontwikkeling. Die Sentrum ondersteun ook studentestrukture wat alle studente verteenwoordig en behartig die akkreditasie van die talle leierskapsontwikkelingsprogramme wat die US aanbied, onder andere.

Daar is vyf eenhede in die SSLL:

  • Eenheid vir Pendelstudentegemeenskappe (EPSG)
  • Eenheid vir Koshuis-studentegemeenskappe (EKSG)
  • Eenheid vir Studenteregering (ESR)
  • Eenheid vir Leierskap, Diversiteit en Inklusiwiteit (ELDI)
  • Eenheid vir Ervarringgerigte Leer (EEL)

SSLL eenhede

Photo of Sonop residence leader carrying a bag into residence.
Image by: Stefan Els

Eenheid vir Koshuis-studentegemeenskappe (EKSG)

Die EKSG skep geïntegreerde leergemeenskappe deur akademiese en sosiale ruimtes te vervleg om ’n holistiese opvoedkundige ervaring vir alle studente in US-behuising moontlik te maak. Elke koshuis word deur ’n koshuishoof bestuur, ondersteun deur ’n verkose studentehuiskomitee en mentors. Hierdie span is gesamentlik daarvoor verantwoordelik om ondersteuning en ontwikkelingsgeleenthede aan studente...

Photo of student standing next to banner with commuter student communit names
Image by: Henk Oets

Eenheid vir Pendelstudentegemeenskappe (EPSG)

Het jy geweet dat omtrent 76% van alle Maties pendelaars is? Party reis vanaf hulle huis (wat tot in Kaapstad, Grabouw of Wellington kan wees), terwyl ander in privaat verblyf in en rondom Stellenbosch woon. Pendelstudente word, nes koshuisstudente, ingedeel by ’n gemeenskap wat hulle help om by die sosiale en akademiese aspekte van die universiteitslewe in te skakel. Een van die Universiteit se...

Photo of SRC Representative Roceshia February
Image by: Henk Oets

Eenheid vir Studenteregering (ESR)

Die ESR beywer hulle vir en vestig etiese oorsigbestuurspraktyk onder studenteleiers wat in US-oorsigbestuurstrukture dien. Die beginsels van oorsigbestuur word belig deur die voortdurend veranderende sosiale kontekste en ontwikkelings rakende uitdagings, kwessies en beste praktyk in oorsigbestuur in Suid-Afrika, Afrika en die res van die wêreld. Deur studente in die ontwikkeling van denkleierskap...

Photo of students working together on leadership task during student leadership training
Image by: Lynne Rippenaar-Moses

Eenheid vir Leierskap, Diversiteit en Inklusiwiteit (ELDI)

Die mikpunt van die ELDI, wat die Frederik van Zyl Slabbert Instituut (FVZSI) insluit, is om te verseker dat studente omvattende leierskapervarings gebied word deur die eienskappe van US-gegradueerdes by hulle aan te kweek.

Two students sitting outside working and learning together.
Image by: Stefan Els

Eenheid vir Ervaringgerigte Leer (EEL)

Die Eenheid vir Ervaringsleer (EEL) ondersteun die SSLL, fakulteite en afdelings om ervaringsleer en verwante geleenthede by hul werk in te sluit. Dit beteken die skep van leerervarings waar studente leer deur te doen, beide binne en buite die klaskamer. Hierdie ervarings help om studente te transformeer en hulle toe te rus met spesifieke gegradueerde eienskappe wat nodig is vir die lewe buite die...

SSVO eenhede

Photo of academic counsellor talking to male student
Image by: Photo generated in Canva

Eenheid vir Akademiese Voorligting en Ontwikkeling (EAVO)

Die Eenheid vir Akademiese Voorligting en Ontwikkeling (EAVO) help jou om akademiese uitdagings aan te pak en jou akademiese vaardighede te verbeter. Die span bestaan uit opvoedkundige sielkundiges, ’n geregistreerde berader en sielkunde-interns. 

A photo of three students with visible and invisible disabilities at SU standing on the Rooiplein
Image by: Stefan Els

Eenheid vir Gestremdhede (EG)

Die Eenheid vir Gestremdhede (EG) is hier om studente met gestremdhede te ondersteun. As jy raad oor akademiese steun, oplossings of toeganklike studiemateriaal vir jou unieke behoeftes nodig het, is ons daar. Die Eenheid se werksaamhede word gelei deur die US Beleid oor Gestremdheidstoegang.

 

Photo of diverse students in group therapy session
Image by: Photo generated in Canva

Eenheid vir Psigoterapeutiese en Ondersteuningsdienste (EPOD)

Die lewe op universiteit kan soms nogal oorweldigend wees. Die Eenheid vir Psigoterapeutiese en Ondersteuningsdienste (EPOD) is hier om jou deur daardie uitdagende tye te help met die individuele en groepterapie wat ons verskaf en met ons werksessies. Ons sielkundiges en geregistreerde berader bied...

A photo of students speaking to a company representative at the Unit for Graduand Career Services Careers Fair
Image by: Lynne Rippenaar-Moses

Eenheid vir Graduandi-Loopbaandienste (EGLD)

Wonder jy ooit wat voorlê nadat jy klaar studeer het? Die EGLD is jou gids om die oorgang van opvoeding na indiensneming, van boeke na die beroep, seepglad te laat verloop. Ons rus jou toe om sonder struikeling en met selfvertroue die oorgang na die werkswêreld te navigeer.

Top stories

Lees meer oor al die interessante dinge wat binne die Studentesake-ruimte gebeur.

Kontak ons

Verantwoordelikheidsentrum: Studentedekaan

Stellenbosch-kampus

Telefoon: +27 21 808-4585
E-pos: [email protected]

Fisiese adres:
Bosmanstraat 15A 
Stellenbosch
7600

Tygerberg-kampus

Telefoon: +27 21 938 9461
E-pos: [email protected]

Fisiese adres:
Kamer 1060
Kliniese-gebou
Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe
Francie van Zilj-rylaan
Tygerberg
7505